In haar komiese boek, Eats, Shoots and Leaves, bekla Lynne Truss die probleem van swak punktuasie wat vandag in so baie geskrifte voorkom. Sy vertel die komiese verhaal van ’n bamboesbeer (panda) wat ’n kafee binnestap, ’n toebroodjie bestel, dit eet en dan ’n pistool uitpluk en begin skiet. Toe ’n kelner hom vra waarom hy dit doen, het die panda hom ’n swak gepunktueerde tydskrif getoon en gesê hy moet die beskrywing van ’n panda bekyk. Dit lees so: Panda. Large, black and white bear-like mammal, native to China. Eats, shoots and leaves. Omdat daar ’n komma na eats verskyn, lees die sin verkeerd. Die woorde shoots en leaves word nou handelinge, in plaas van kossoorte wat die panda eet. Foutiewe punktuasie kom ook in Afrikaans voor. Die idee om versigtig te wees wat punktuasie in die Bybel aanbetref, is baie belangrik. Paulus praat van die noodsaaklikheid om “in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry en verkeerdhede reg te stel” (2 Timoteus 3:16), Engels rightly dividing the Word of truth. Die Engelse uitdrukking rightly dividing, was gebruik vir ’n gekwalifiseerde ambagsman wat iets reguit moes sny. Dit beteken dat wat Bybelstudie aanbetref, moet ons baie versigtig wees, die Heilige Gees vra om ons te lei sodat ons die waarheid reg verstaan. Om die Bybel reg aan ander oor te dra moet die doel van elke Christen wees.