Terwyl ek eendag my daaglikse wandeling onderneem het, is ek onverwags deur ’n swerm insekte omgewe. Ek het my nie baie daaraan gesteur nie, maar later ontdek ek toe heelwat bytplekkies aan my enkels en arms. Ek is skynbaar deur ’n swerm muggies toegetakel en die bytplekke het my later baie ongerief veroorsaak. Hierdie ondervinding het my ’n nuwe insig gegee oor die plaag wat God na Egipte gestuur het, toe die Farao die volk nie wou laat trek nie. Die Hebreeuse woord wat in sommige Engelse Bybels in Eksodus 8:16-18 met luise vertaal is, kan ook muggies of muskiete wees. Maar omdat die insekte vergelyk word met die sand van die woestyn, is ’n swerm gnats waarskynlik ’n swerm muggies. Die heidense priesters van Egipte, wat hulle op hulle reinheid beroem het, omdat hulle so dikwels gewas het, was nou oortrek met seerplekke wat deur byte veroorsaak is. God het hierdie plaag gestuur omdat Hy wou hê dat Farao die Israeliete moes toelaat om te trek. Maar in plaas daarvan het hy hardkoppig gebly. Is die Here miskien besig om jou aandag te probeer kry deur moeilike omstandighede in jou lewe? Wil Hy jou dalk terugbring op sy pad en jou verhouding met Hom herstel (Gal. 5:25). Ons moet daarteen waak om ons harte te verhard. Laat ons onsself liewer aan die Here onderwerp (Jak. 4:6-8) en Hom vra watter geestelike lesse Hy ons graag wil leer.