God se liefde deur my
Gedurende ’n geestelike sessie tydens ’n konferensie, het die leier ons gevra om 1 Korintiërs 13 verse 4 tot 8 hardop te lees en elke keer die woord “liefde” met die woord “Jesus” te vervang. Dit het so natuurlik geklink om te sê: “Jesus is geduldig; Jesus is vriendelik, Jesus is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie ... Jesus…
Voorbereiding en verwagting
Toe ons kinders nog jonk was, het ons die Adventstyd (die vier weke voor Kersfees) deurgebring deur elke aand na ete ’n blomkransie te maak en kerse aan te steek. Ons het ’n Kerslied gesing,’n kort gedeelte uit die Bybel oor die geboorte van Christus gelees en so ons harte vir die groot gebeure van Kersfees voorberei. Maar die Adventstyd…
ons dank die here
Anna Anderson se eggenoot is vroeg oorlede. Hy het haar met 3 klein dogtertjies en ’n moeilike toekoms nagelaat. Alhoewel sy in Virginia opleiding in onderwys ontvang het, was haar kwalifikasies nie voldoende om ’n betrekking in Filadelfia te kry nie. Gevolglik het sy wasgoed ingeneem, klere gestryk en selfs die vloer in ’n groot winkelsentrum geskrop. As ’n AfroAmerikaner,…
sê nee en ja
Wanneer ons ons hande was om die vuilgoed en kieme te verwyder, was ons hulle regtig self? Nee en ja. Om presies te wees – die seep doen die werk – nie ons nie. Maar ons moet die keuse uitoefen om die seep te gebruik om ons hande skoon te kry. Paulus sê in 2 Timoteus 2:21, “As iemand hom…
DaagLikse yWer
Die internasionale beroemde violis, Midori, glo dat gefokusde en ywerige oefening die sleutel tot suksesvolle optrede is. Terwyl sy ’n stywe program van ongeveer 90 konserte per jaar aanbied, oefen sy nogtans 5 tot 6 ure per dag. Jane Ammeson het Midori in die NWA WorldTraveler aangehaal: “Ek moet oefen om my taak te vervul en ek oefen elke dag…
Doen dit nou!
Verskeie jare gelede het ’n vriend my saamgeneem na ’n motiverings seminaar wat ek ongelooflik geniet het. In plaas van om op geld en sukses te fokus, het die sprekers ons gelei om ons eie identiteit en doel in die lewe behoorlik te verstaan. Hulle het goeie raad gegee hoe om effektief te leef. Een van die slagspreuke wat my…
opgaar of help?
Gedurende Augustus 1914, toe Brittanje tot die Eerste Wêreldoorlog toegetree het, was Oswald Chambers 40 jaar oud met ’n vrou en ’n dogtertjie. Dit was nie lank nie of 30,000 mans per dag het by die leër aangesluit. Mense is gevra om hulle voertuie en perde aan die regering te verkoop en lyste van persone wat in die gevegte gesterf…
toeganklikheid
Michael St. Francis is ’n Franciskaanse broeder en hy dra altyd ’n bruin toga. Soms vra mense hom waarom hy dit dra. Hy verduidelik dan dat dit ’n habit genoem word en dat hy dit vir ’n spesifieke rede dra. Hy het aan joernaliste van die Hemispheres tydskrif gesê: “Ons het die keuse om dit te dra en baie van…
Om saam fees te vier
Baie kerke vier op die eerste Sondag in Oktober Wêreldgemeenskapsdag. Dit is ’n spesiale geleentheid om Nagmaal, saam met broers en susters in Christus dwarsdeur die wêreld, te vier. Om op hierdie dag saam met ander kinders van die Here te vergader het vir my baie betekenisvol geword. Een jaar egter het ek myself op ’n lughawe bevind, ’n lang…
Wees gasvry
In die Nuwe Testament word gasvryheid as ’n kenmerk van die Christelike lewe beskryf. Dit word beskryf as ’n eienskap van geestelike leiers (1 Tim. 3:2; Tit.1:8) en elke gelowige word opgeroep om dit te beoefen as ’n uitdrukking van broederlike liefde (Rom.12:13; 1 Pet. 4:9). Maar die betekenis van gasvryheid omvat meer as net om ’n goeie gasheer te…