Ons skrywers

Besigtig alles

Articles by Dave Branon

allergies vir ...

Een van ons kleinkinders is allergies vir sekere kossoorte. Sy moet melk, kaas, eiers en roomys onder andere vermy. Selfs ’n klein porsie van hierdie kossoorte doen haar gesondheid baie skade aan. Sy is egter nie al persoon wat sekere dinge in die lewe moet vermy nie. Alhoewel haar allergie met haar gesondheid verband hou, het ons almal, as Christene,…

iets beters

Dit wil voorkom asof Abel nie in die eerste helfte van Hebreërs 11 inpas nie. Hy’s die eerste een wat aangeteken word, maar sy verhaal is nie soos dié van die ander nie. Enog is hemel toe sonder om te sterwe, Noag het die mensdom gered, Abraham het ’n mensegroep begin, Isak was ’n belangrike persoon, Josef het regeerder in…

Sondige leefwyse

Die dorp, Picher, in Oklahoma bestaan nie meer nie. In die middel van 2009, het hierdie eens bedrywige dorp van 20,000 inwoners, tot niet gegaan. Aanvanklik was Picher ’n groeiende dorp vanweë die oorvloed lood en sink in die omgewing. Werkers het die erts ontgin en dit was van groot nut vir die VSA tydens albei wêreldoorloë. Die dorp het…

Die splinter

Dit was net ’n stofdeeltjie, ’n splinter, wat op ’n winderige dag deur die lug gewaai het. Ek was besig om ons grasperk te sny en op een of ander manier het die splinter in my linkeroog beland. Vir die volgende paar ure het daardie splinter vir my baie irritasie veroorsaak. Ek het probeer om dit met water uit te…

Dawid se vrae

’n Spreuk uit Afrika lui soos volg: “Die persoon wat vrae stel, sal nie verdwaal nie.” Daardie idee kan behulpsaam wees as ons sekere van Dawid se vrae in die Psalms bekyk. Hy was duidelik op soek na God se wil vir die weg wat hy moes volg. Kom ons bekyk sekere van die vrae wat hy gestel het: “Hoe…

ons tye, sy hande

In sy boodskap in 2002 aan die graduandi van die Cedarville Universiteit, het dr. Paul Dixon hulle met dié woorde bemoedig: “Onthou, julle tye is in God se hande.” Ons as familie was teenwoordig en het gedink dis ’n gepaste woord vir die graduandi. Ons dogter Julie, was een van hulle. Ons het egter geen idee gehad dat ons 17…

Die Boot

’n Groep tieners wat op ’n uitreik na Jamaika was, was besig om op die strand vlugbal te speel toe hulle skielik bemerk dat ’n bootjie in die nabye omgewing omgeslaan het. Dadelik het hulle die spel gestaak en nadergehardloop om hulp te gaan verleen. Daar vind hulle toe ’n groepie professionele vaarders besig om te probeer om hulle boot…

woorde - maak hulle saak?

Ek het ’n tiener uit ’n Christengesin hoor sê: “My ma dink nie dis so sleg om te vloek nie.” Toe het hy aangedui watter woorde sy aanvaarbaar gevind het – woorde wat al lank al as onaanvaarbaar beskou is. Die samelewing se standaarde wat taalgebruik aanbetref, het die afgelope jare baie agteruitgegaan, maar dis nie nodig dat ons as…

Eerlikwaar

Vandag is Nasionale Eerlikheidsdag in die VSA. Dis nie ’n baie bekende benaming vir 30 April nie, maar dis nogtans ’n belangrike dag. Die skrywer, M. Hirsh Goldberg, het hierdie Nasionale Eerlikheidsdag in die vroeë negentiger jare van die vorige eeu ingestel in ’n poging om eerbaarheid en integriteit aan te moedig. Hy het 30 April gekies, want hy het…

Die verkeerde goed

Dit was ’n eenvoudige takie, maar tog skynbaar te moeilik vir my. Een van die items op my vrou se lys was sojasous. Ek het egter nie geweet watter soort sojasous Sue in gedagte gehad het nie. Nadat ek in die kruidenierswinkel op en af gestap het en naderhand hulp by die assistent gevra het, het ek sommer die eerste…