Een van ons kleinkinders is allergies vir sekere kossoorte. Sy moet melk, kaas, eiers en roomys onder andere vermy. Selfs ’n klein porsie van hierdie kossoorte doen haar gesondheid baie skade aan. Sy is egter nie al persoon wat sekere dinge in die lewe moet vermy nie. Alhoewel haar allergie met haar gesondheid verband hou, het ons almal, as Christene, ook sekere dinge waarvoor ons versigtig moet wees sodat ons geestelik gesond kan bly. Die Bybel gee vir ons duidelike riglyne ten opsigte van dinge waarvoor ons “geestelik allergies” mag wees. Alles wat sleg is (1 Tessalonisense 5:22). Dit moet ons laat nadink oor die keuses wat ons maak, want om deel te neem aan onheilige praktyke, is geestelike afbrekend. Moet jou nie met dwase en sinlose strydvrae inlaat nie (2 Timoteus 2:23; Titus 3:9). Dit vra onderskeiding om te weet wanneer om te praat en wanneer om stil te bly, want sekere argumente is wel geregverdig ter verdediging van die geloof. Maar dié wat geen antwoord het nie en nie op die waarheid betrekking het nie, kan slegs verdeeldheid veroorsaak. Weerhou julle van onsedelikheid (1 Tessalonisense 4:3). Die Bybel leer uitdruklik dat seks buite die huwelik tussen ’n man en ’n vrou verkeerd is. (Genesis 2:24; Eksodus 20:14; 1 Korintiërs 7:2; Hebreërs13:4). Is ons gewillig om ’n ernstige poging aan te wend om nie die dinge waarvoor ons “geestelik allergies” is, te doen nie?