Month: September 2020

Duisendste verjaarsdag

In sy boek, Long for This World, skryf Jonathan Weiner oor die belofte van die wetenskap dat die mens se lewensjare baie verleng sal word. Die Engelse wetenskaplike, Aubrey de Grey, een van die hoofkarakters in die boek,voorspel dat die wetenskap eendag in staat sal wees om die mens se leeftyd op aarde tot ’n duisend jaar te verleng. Aubrey…

Die Verhaal van ’n muur

Toe ek per geleentheid die ruïnes van Hadrian se Muur in die Noorde van Engeland besoek het, het ek daaraan gedink dat dié muur miskien die grootste prestasie van die Romeinse keiser was, hy wat in 117 n.C aan bewind gekom het. Soveel as 18,000 Romeinse soldate het die muur van byna 200 kilometer, beman. Die muur is opgerig met…

nie in hierdie stadium

Dit kan nogal baie ontmoedigend vir aspirant skrywers wees as hulle die volgende antwoord van die uitgewer ontvang: “Baie dankie. Ongelukkig voldoen u voorlegging nie in hierdie stadium aan ons vereistes nie.” Somtyds beteken hierdie woorde egter: “Nie in hierdie stadium of ooit nie.” En dan probeer skrywers maar ’n ander uitgewer en weer ’n ander en so aan. Ek…

’n verhaal van twee “stokke

Konvensionele wysheid bevraagteken soms die feit dat baie met min gedoen kan word. Ons is geneig om te dink dat meer gedoen kan word as ons finansies tot ons beskikking het, en talentvolle persone met innoverende visies, in beheer van sake. Maar al daardie dinge is nie vir God van belang nie. Hy kan baie met min doen. Kom ons…

’n Vaste fondament

Voordat sy twee jaar oud was, het my kleindogtertjie al geleer om motors te herken en ook die fabrikaat en jaar van vervaardiging. Dit het alles begin toe sy en haar Pappa tyd saam deurgebring het en met sy versameling speelgoedmotors gespeel het. Pappa sou sê: “Katie, gaan haal die 1957 Chevy,” en dan sou sy dit tussen die honderde…

ashoop Christene

Iemand het my eendag gevra waarom sy nou soos Jesus moes word, terwyl sy tog eendag in die hemel soos Hy sou wees (1 Joh. 3:1-3). Belangrike vraag! Veral as dit baie makliker is om hier op aarde maar net jouself te wees. Om die waarheid te sê daar is baie redes waarom dit belangrik is om soos Hy te…

Van kwaad tot erger

Dit het sowaar weer gebeur! Ek het die begeerte gekry om my kantoor skoon te maak en voordat ek my kon kry, het ek ’n groter gemors gemaak en was die kantoor meer deurmekaar as voorheen. Orals het stapels papiere, tydskrifte en boeke gelê. Die gemors het al erger geword en ek was moedeloos en omgekrap omdat ek die skoonmakery…

ernstige besigheid

Onlangs is ek opgeroep om op ’n jurie te dien. Dis baie ongerieflik en veeleisend en vereis baie tyd, maar aan die ander kant is dit ’n ernstige saak. Op die eerste dag het die regter ons goed ingelig oor die verantwoordelikheid en die belangrikheid van die opdrag. Ons gaan ’n oordeel oor ander mense moet uitspreek, mense wat in…

anderkant die status Quo

Dr. Jack Mezirow, ’n emiritus professor aan die Columbia Teachers College, is van mening dat die essensiële element in volwasse lering is om gereeld jou eie persepsies en insigte krities te evalueer. Dr. Mezirow beweer dat volwassenes die beste leer as hulle met ’n disoriënterende dilemma gekonfronteer word, “iets wat jou help om die veronderstellings wat jy deur die jare…

’n Les in trane

Is jou hart al ooit gebreek? Wat het dit veroorsaak? Was dit wreedheid, mislukking, ontrou, verlies? Miskien het jy ook al in die donker gaan sit en huil. Dis goed om soms te huil. “Trane is die enigste genesing vir hartseer,” het die Skotse prediker, George MacDonald, gesê. Ja, ’n bietjie trane kan soms goed wees. Jesus het ook gehuil…