Month: Augustus 2019

Gered

Lauren was gespanne, tog opgewonde, toe sy haarself in die Eskimobootjie laat vasgespe om saam met ’n klompie ander riviervaarders en hulle gidse die rivier aan te durf. Toe Lauren die watervalle verder af in die rivier sien, het sy nog meer senuagtig en bang geword. Toe, meteens, het die Eskimobootjie omgeslaan. Sy is vooraf ingelig wat sy moes doen,…

Algemene taal

Terwyl ’n groep hoërskoolleerlinge ’n uitreik na Jamaika onderneem het, het hulle besoek afgelê by ’n tehuis vir tieners wat die wet oortree het en wie se ouers hulle nie kon hanteer nie. Dit was nie ’n gemaklike situasie vir die twee groepe tieners nie. Wat moes hulle vir mekaar sê? Hoe kon hulle regtig met mekaar kontak maak en…

Hoe kan ons nalaat om te sing?

Robert Lowry het gedink hy sou die beste bydrae deur sy prediking kon lewer, maar hierdie 19de eeuse pastoor sal die beste onthou word vir die evangeliese liedere wat hy geskryf het. Hy het die musiek of woorde vir meer as 500 liedere geskryf, insluitende liedere soos Christ Arose, I need Thee every Hour, en Shall We Gather at the…

Die langsaamheid van wysheid

Toe die Fariseërs na Jesus toe gekom het met die vrou wat owerspel gepleeg het en Hom gevra het wat hulle met haar moes doen, het Hy neergebuk en op die grond geskrywe (Joh. 8:6-11). Niemand van ons weet wat Hy daar geskryf het nie, maar toe hulle aanhou om te vra, het Jesus met een kort sin geantwoord: “Laat…

Sowel naby as ver

Alles was doodstil in die tuin. Terwyl ek besig was om by my werkstafel te werskaf het Maggie, ons hondjie, naby op die gras gelê. Skielik was daar die geritsel van droë blare en meteens het alles verander. Maggie het opgespring en om ’n boom gesirkel, haar oë gevestig op ’n groen houtkapper wat styf aan die boomstomp vasgeklou het.…

Ouer of beter?

Ons kan weet ons is besig om ouer te word as ons die volgende opmerkings aan ander maak: “Kan jy dit glo dat daardie bofbalspelers nog so jonk is?” En dis ’n sekere bewys dat ons ouer word as ons nie langer vra “Hoe gaan dit?” nie, maar eerder sê:“Haai, jy lyk nog so goed,” asof ons verras is. Om…

Navolger van sonskyn

Diana en Dave hou daarvan om op sonnige dae met hulle straalski’s op die meer te ski en oor die water te gly. Maar een oggend was die weer koel en bewolk en Diana kon nie vir Dave ompraat om te gaan ski nie. Toe het sy op haar eie gegaan. Dit was so koud dat sy oor die meer…

Tevredenheid

’n Digter het by geleentheid geskryf: In die reël is die mens ’n dwaas. As dit warm is, wil hy koue hê, as dit koud is, wil hy warmte hê, wat hy nie het nie, dit wil hy hê. Hoe dwaas! Wat ’n besondere kennis van die menslike natuur! Tog lees ons in Filippense 4:11 dat Paulus sê: “Ek het…

Om jonk te begin

Addie, ons 3 jarige kleindogtertjie, was ’n bietjie bekommerd. Dit was Sondag middagete en iemand het al begin eet toe sy opmerk: “Ons het nog nie gebid nie.” Sy was so bang dat ons dalk sou vergeet om die seën te vra. Haar bekommernis was ’n goeie teken. Dit het getoon dat Addie, ten spyte van haar jeugdige ouderdom, een…

Vertroue op die Skrif

Die Narnia kinderboeke deur C. S. Lewis, simboliseer die Christelike waarhede. In die verhaal, Prince Caspian, vertel Lewis die storie van ’n tiran wat die troon van Narnia onwettig oorgeneem het. Die tiran se jong nefie, Prins Caspian, het verhale van Narnia se groot koning gehoor, hy wat gesterf en opgestaan het om die mag van die bose te verbreek.…