Month: Julie 2019

om die gaping te oorbrug

Toe my kinders nog jonk was, het ek nogal gedink hulle sou beïndruk wees met dit wat ek tot stand gebring en bereik het – dat hulle my boeke sou lees en beïndruk sou wees met al my toesprake en optredes. Maar toe kom ek agter dat hulle nie een van my boeke gelees het nie en ook nie bewus…

hoop

Die ou pad vanaf Jerusalem na Jerigo is ’n nou en gevaarlike pad wat langs ’n steil bergpas in die Judese wildernis kronkel. Dis bekend as Wadi Kelt, maar dit staan ook bekend as die “vallei van skaduwees”, want dit is hierdie gebied wat die inspirasie vir Dawid se 23ste Psalm was. Die omgewing self bied weinig rede vir die…

’n laaste vaarwel

Nadat hy op 47 jarige leeftyd met terminale kanker gediagnoseer is, het Randy Pausch na die Carnegie Mellon universiteit teruggekeer om ’n finale lesing aan kollegas, studente en vriende te gee. Die professor wat rekenaarwetenskap hanteer, het sowat 150 mense verwag, maar in plaas daarvan was die ouditorium wat 400 persone kan hanteer, volgepak. Vir meer as ’n uur het…

allergies vir ...

Een van ons kleinkinders is allergies vir sekere kossoorte. Sy moet melk, kaas, eiers en roomys onder andere vermy. Selfs ’n klein porsie van hierdie kossoorte doen haar gesondheid baie skade aan. Sy is egter nie al persoon wat sekere dinge in die lewe moet vermy nie. Alhoewel haar allergie met haar gesondheid verband hou, het ons almal, as Christene,…

moenie oordeel nie!

Toe Jesus beveel het dat ons “nie moet oordeel nie”, het hy nie bedoel dat ons naïef of onverskillig moes wees nie. Natuurlik moet ons krities en analities wees en standpunt inneem in hierdie wêreld waar sake so maklik verkeerd loop en sonde volg. Wat Hy eintlik bedoel het, is dat ons nie veroordelend en aanvallend moet wees nie, iets…

’n man van my jare

Op ’n onlangse vlug het ek my voorgeneem om ’n bietjie werk af te handel. Voor my was my skootrekenaar, iPod en ander toestelle waarmee ek, as ’n 21ste eeuse “padwerker”, wou werk. Terwyl ek besig was om te werk het ’n jongman wat langs my gesit het, gevra of hy ’n opmerking kon maak. Hy sê toe hoe dit…

’n slag slaan of nie slaan nie

As jy soos ek is, hou jy van ’n lonende ooreenkoms – nie net winskopies nie, maar om ’n slag te slaan en baie vir jouself te kry terwyl jy min hoef te gee. Indien jy hierdie tipe ooreenkomste verstaan, sal jy miskien die verlore seun se plan, toe hy teruggekeer het huis toe, beter begryp. In daardie dae was…

Die armes onder ons

In sy boek Crazy Love vertel Francis Chan van ’n familie wat ’n baie interessante Kersgewoonte gehad het. Op Kersoggend het die Robynson familie nie by ’n kersboom kersgeskenke oopgemaak nie, maar in plaas daarvan pannekoek gebak en dit saam met warm koffie aan die armes in die omgewing bedien. Dis ’n geringe maar tog treffende manier om God se…

’n geesteLike reis

Die wonderwerke wat Moses gedoen het, was ’n uitdaging vir die baie afgode van Egipte. Tog was daar in ’n stadium ’n Farao wat die geloof in net een god verkondig het. Farao Akhenatan het na die opkomende son gewys en gesê dit is die groot god wat lewe aan die wêreld gee. Hy het die songod Aton genoem en…

Daders van Die Wêreld

Kort nadat ons na ’n woonhuis in ’n nuwe omgewing verhuis het, het ons my skoonsuster en haar man vir Sondag middagete oorgenooi. Toe ons Sue en Ted by die voordeur groet, het ’n eienaardige geluid hulle oë in die rigting van die kombuis laat draai. Ek het omgekyk en verstyf van skok. Ons stokou draagbare skottelgoedwasser se uitlaatpyp het…