Nadat hy op 47 jarige leeftyd met terminale kanker gediagnoseer is, het Randy Pausch na die Carnegie Mellon universiteit teruggekeer om ’n finale lesing aan kollegas, studente en vriende te gee. Die professor wat rekenaarwetenskap hanteer, het sowat 150 mense verwag, maar in plaas daarvan was die ouditorium wat 400 persone kan hanteer, volgepak. Vir meer as ’n uur het Randy sy hart oopgemaak en met deernis en blydskap afskeid geneem. Sy rede het meer op die lewe as op die dood gefokus. Binne ’n paar weke is sy boodskap wat op video opgeneem is, na miljoene mense via die internet gestuur en later het dit die inligting vir ’n topverkoper geword. Diegene wat die dood in die gesig staar, het dikwels ’n helder perspektief op wat regtig belangrik in die lewe is. Paulus se afskeidsboodskap het al deur die jare miljoene Christene geïnspireer en bemoedig. “Ek het die goeie wedloop afgelê; ek het die wenstreep bereik … nou wag die oorwinnaarskroon vir my, die lewe by God” (2 Timoteus 4:7-8). Paulus se opdragte aan Timoteus oorspan die eeue en het ook ’n boodskap vir ons vandag. Die brief begin en eindig met God se genade (2 Timoteus1:2; 4:22) en is ’n lofprysing oor die getrouheid van die Here. ’n Boodskap van ’n sterwende kan iets beteken. Paulus se finale uitroep: “aan Hom kom die eer toe tot in alle ewigheid” (4:18) is ’n boodskap vir ons almal.