As jy soos ek is, hou jy van ’n lonende ooreenkoms – nie net winskopies nie, maar om ’n slag te slaan en baie vir jouself te kry terwyl jy min hoef te gee. Indien jy hierdie tipe ooreenkomste verstaan, sal jy miskien die verlore seun se plan, toe hy teruggekeer het huis toe, beter begryp. In daardie dae was daar drie tipes dienaars: dagloners wat dag vir dag gewerk het en daagliks betaal is, gehuurde werkers wat lang ure gewerk het op die grondgebied, maar elders gewoon het en diegene wat op landgoed gewoon het en as ’t ware hulleself gegee het om die eienaar en sy gesin te dien. Toe die verlore seun die einde van die pad bereik het, is dit nogal interessant om op te merk dat hy gevra het of hy ’n dagloner kan wees (Lukas 15:19) met ander woorde, daagliks betaal word, maar nie noodwendig op die landgoed moet woon en die gesin dien nie. Waarom wou hy nie ’n dankbare bondservant wees nie? Daar is diegene wat dink dat hy darem sy onafhanklikheid wou behou – sy salaris ontvang, maar vry wees om te lewe soos hy wil. Dikwels wil ons die Here ook so benader: “Here, ek sal U dien maar U moet net nie my vryheid wegneem nie.” Dit mag aanvanklik soos ’n goeie ooreenkoms lyk, maar God se plan is baie beter. Net soos die seun se pa, is God se arms oop om berouvolle sondaars terug te ontvang en deel van die familie te maak. Daar is g’n beter ooreenkoms nie.