Month: Mei 2019

Dilbert

Die spotprenttekenaar, Scott Adams, het bekendheid verwerf met sy komiese karakter Dilbert. Hy het ook gedurende die 1990’s ’n boek geskryf met die titel The Dilbert Principle. Daarin spot hy met tegnologie, swak leiers en onbekwame bestuurders. Baie mense lag hardop wanneer hulle hierdie beskrywings op hulle eie situasies en tekortkominge van toepassing maak. Ten opsigte van luiheid en bedrog…

’n klein Deeltjie Van Die hemel

’n Paar weke gelede het my vrou ’n dame ontmoet wat ’n saamry geleentheid nodig gehad het en omdat my vrou aangevoel het dat die saak van die Here was, het sy ingestem om die dame op te laai. Gedurende die rit het die vrou gesê dat sy ’n dwelmprobleem het en alhoewel sy ’n gelowige is, sukkel sy baie…

tasbare Liefde

Die Chester Beatty biblioteek in Dublin, Ierland, bevat ’n besondere versameling van antieke Bybelse fragmente. Een baie klein fragment is ’n gedeelte van Johannes 19. Hierdie gedeelte van Johannes se evangelie beskryf die oomblik toe Jesus aan die kruis gehang en sy moeder voor hom gesien het. Hy het deernis en liefde teenoor haar betoon. Die woorde kom uit vers…

Veiligheids- Sone

Toe die wreedhede en afgryslike oorlogsdade Nanking in Sjina getref het, is vroue nie die geweld gespaar nie. Baie is aangeval, verkrag en doodgemaak. Dit was gedurende hierdie tyd dat Minnie Vautrin haar dit ten doel gestel het om Sjinese vroue teen die geweld te beskerm. Sy was ’n sendeling wat onderwys gegee het by die Ginling kollege in Nanking…

om aangetrokke tot God te wees

Ek het so baie by Broer Lawrence geleer ten opsigte van bewustheid van God. Hy was ’n kok in ’n 17de eeuse klooster en het ’n boek geskrywe met die titel, The Practice of the Presence of God. Hy noem in sy boek praktiese maniere waarop jy gedurende die loop van die dag “jou hart aan die Here kan offer,”…

Laat God kies

Ons, elkeen het miskien innige begeertes – waarvan niemand anders bewus is nie – miskien om te trou of om ’n spesifieke bediening te hanteer of op ’n spesiale plek te dien. Ons moet elke begeerte in God se hande plaas en ernstig bid. “Here, U moet vir my kies. Ek sal nie self ’n keuse uitoefen nie.” Genesis 13:10-11…

God se toegeneentheid

In 1826 het die Britse skrywer, Thomas Carlyle, met Jane Welsh in die huwelik getree. Sy was self ’n bekwame skryfster. Tog het sy hom heelhartig ondersteun en haarself daaraan toegewy om hom te dien. Aangesien hy aan ’n seldsame maagprobleem gely het, was hy temperamenteel. Hy moes spesifieke soorte kos eet. Sy het alles vir hom voorberei en haar…

woorde - maak hulle saak?

Ek het ’n tiener uit ’n Christengesin hoor sê: “My ma dink nie dis so sleg om te vloek nie.” Toe het hy aangedui watter woorde sy aanvaarbaar gevind het – woorde wat al lank al as onaanvaarbaar beskou is. Die samelewing se standaarde wat taalgebruik aanbetref, het die afgelope jare baie agteruitgegaan, maar dis nie nodig dat ons as…

Bewyse van agteruitgang

In sy preek getitel Wat is die rede waarom agteruitgang plaasvind? sê pastoor John Piper dat God sy eie doelstellings het wanneer Hy die ekonomie laat agteruitgaan en resessie intree. Hy gee die volgende moontlike redes aan die hand. 1. Om sonde oop te vlek en ons almal tot berou en bekering te bring. 2. Om ons attent te maak…