Ons, elkeen het miskien innige begeertes – waarvan niemand anders bewus is nie – miskien om te trou of om ’n spesifieke bediening te hanteer of op ’n spesiale plek te dien. Ons moet elke begeerte in God se hande plaas en ernstig bid. “Here, U moet vir my kies. Ek sal nie self ’n keuse uitoefen nie.” Genesis 13:10-11 vertel ons dat Lot self ’n keuse uitgeofen het ten opsigte van iets wat hy begeer het. “Lot het … rondgekyk en gesien die hele Jordaanstreek tot by Soar het so volop water soos ’n tuin van die Here, soos Egipte … Lot het die hele Jordaanstreek vir hom gekies en hy het ooswaarts versit.” Die Jordaanstreek met sy vrugbare grond en volop water, het vir Lot na die beste proposisie gelyk. Maar die gebied was baie korrup en die inwoners het “baie gesondig” (Genesis 13:13). Pastoor Ray Stedman skryf: “Lot wou sy eie lewe beheer en self kies, met die gevolg dat hy bedrieg is deur dit wat hy gesien het. Dit het gelei tot struikeling, pyn en oordeel. Abram aan die ander kant, was gewillig dat God die keuse namens hom uitoefen.. en het reg opgetree.” Lot het vir homself gekies en alles verloor – sy familie, sy fortuin en sy goeie naam. Dis altyd die heel beste vir ons om toe te laat dat die Here die keuse namens ons uitoefen. Volg sy leiding en weet en glo dat Hy die beste weet en dat elke keuse deur sy liefde geïnspireer is.