Month: Mei 2019

onthou Die offerande

Amerika het ’n spesiale Gedenkdag Memorial Day. Op dié dag dink hulle aan diegene wat in diens van die land gesterf het. Die plek in die VSA waar die herinneringe veral baie emosionele betekenis het, is die Arlington Nasionale Begraafplaas naby Washinton D. C. Daar vind deesdae ongeveer 25 militêre begrafnisse per dag plaas, veral weens die afsterwe van bejaarde…

wat Vra Dit?

Die tegnologie van vandag maak dit moontlik vir mense om 24/7 te werk. Ons kan ons werk huis toe neem, dit saamneem as ons met vakansie gaan en dis altyd by ons, behalwe wanneer die krag afgaan. Verlede winter het ’n sneeustorm verskillende state van die VSA met ’n dik glanslaag bedek. Bome en takke het omgeval en paaie bedek…

moet nooit “nooit” Sê nie

Terwyl ek en’n vriend langs die pad gestap het, waar die Berlynse Muur eens gestaan het, het hy gesê: “Dis een van daardie ‘moet nooit sê nooit’ plekke in my lewe.” Hy verduidelik toe hoe hy gedurende die jare toe die muur die stad verdeel het, dikwels deur Checkpoint Charlie gegaan het, om lidmate van die kerk, wat onder moeilike…

ons tye, sy hande

In sy boodskap in 2002 aan die graduandi van die Cedarville Universiteit, het dr. Paul Dixon hulle met dié woorde bemoedig: “Onthou, julle tye is in God se hande.” Ons as familie was teenwoordig en het gedink dis ’n gepaste woord vir die graduandi. Ons dogter Julie, was een van hulle. Ons het egter geen idee gehad dat ons 17…

garlic and sapphires

In haar boek Garlic And Sapphires: The Secret Life of a Critic in Disguise, vertel Ruth Reichl wat sy beleef het toe sy as die New York Times se restaurant kritikus gewerk het. Omdat sy die invloedrykste kritikus in die land was, het top restaurante haar foto orals getoon, sodat werknemers haar kon herken. Hulle wou haar met hoogstaande diens…

Dag van goeie nuus

My Australiese vriend, Graham, was nie blind gebore nie. Nee, hy het na ’n fratsongeluk, toe hy 9 jaar oud was, sy sig verloor. Tog het hy nooit homself bejammer nie. Waar hy ook al gegaan het, het hy altyd vertel wat Jesus Christus vir hom beteken. Sy laaste reis, as praktiserende fisioterapeut was na Thailand. Hy wou nie slegs…

om genees te word

John Steinbeck se novelle, The Grapes of Wrath waarvoor hy die Pulitzer toekenning verower het, begin met ’n toneel in die droogtegeteisterde Oklahoma gedurende die groot depressie. Die oeste op die lande was besig om te verdroog en stof het oral opgestyg. Die vroue het hulle mans angstig dopgehou om te sien of hulle die krisis sou kon hanteer. Toe…

Bring hulle na Jesus

Tydens die gedenkdiens vir David Holquist, het die prediker uit Lukas 18, oor die kinders, voorgelees. Dit was nogal ongewoon, aangesien Holquist 77 jaar oud was, toe hy gesterf het. Nogtans het die prediker gesê dat die woorde uitstekend op David van toepassing was. Hy was vir jare professor en ’n deel van sy nalatenskap was dat hy so baie…

hoogtegno kommunikasie

Wanneer dit vandag by kommunikasie kom, is ons wêreld besig om al meer hoogtegnies te raak. Die gewildheid van Twitter, Facebook en die Internet mag persone laat dink dat die Bybel outyds geword het. Die tegnologies ingestelde mense in ons wêreld mag voel dat die Bybel uitgediend is, omdat al die moderne dinge nie daarin genoem word nie, maar die…

niks sal my ontbreek nie

Voordat die klein arendjies nog ’n week oud was, het hulle al begin stoei om kos in die hande te kry. Nie een van die twee was al sterk genoeg om hulle koppies vir meer as ’n paar sekondes orent te hou nie en dus het hulle maar redelik snaaks gelyk – twee harige balletjies met koppe wat heen en…