Month: April 2019

Verkneuter jou teenoor die vyand

Obadja is die kortste boekie in die Ou Testament maar tog is daar in daardie geskrif ’n baie belangrike waarheid opgesluit – iets wat ons almal raak. Hoe moet ons optree wanneer ons sien dat ’n vyand probleme ondervind? Die profeet Obadja het opgetree in die tyd toe Jerusalem hewig aangeval is deur die Babiloniese magte. Die bure van die…

Die vrees om te val

Het jy al ooit gedroom dat jy van die bed afval of van ’n hoë hoogte neerstort en dan met ’n skok wakker geword? Ek kan onthou hoe ek as jong seun dikwels met daardie verskriklike, angswekkende gevoel wakker geword het. Ek het gehoor van ’n man wat hierdie sensasie gekry het net nadat hy aan die slaap geraak het.…

Baie mense

Ek was in New York Stad en dit was Paassondag 7:30. Ek was die enigste persoon by Jimmy se Eetplek in Oos Haarlem. Skielik het ’n man die vertrek ingekom en my tafel genader. “Goeie môre” het hy gesê, “mag die Here jou seën.” Hy het ’n traktaatjie op die tafel neergesit en haastig uitgestap. Ek het geglimlag en met…

’n Nuwe normaal

Nadat my dokter my met kanker diagnoseer het, het ek probeer luister na wat hy sê, maar ek kon nie. Ek het huis toe gegaan, ’n kombers oor my kop getrek en op die rusbank aan die slaap geraak, asof slaap die diagnose kon verander en die situasie kon verbeter. Toe ek eindelik genoeg moed bymekaar geskraap het om my…

Soos ’n lam

Die Italiaanse kunstenaar, Caravaggio, het in 1602 ’n skildery geskilder bekend as The Taking of Christ. Hierdie skildery is ’n vroeë voorbeeld van die Barok styl en besonder indrukwekkend. In donker kleure geskilder, laat dit die kyker nadink oor Jesus se arrestasie in die Tuin van Getsemane. Die twee belangrikste elemente wat die kyker se aandag vereis, is eerstens Judas…

Die krag van lofprysing

Lofprysing is wonderlik! Die Skotse pastoor, Robert Murray McChenye, het altyd lofliedere gesing wanneer sy hart koud was ten opsigte van die sake van die Here. Dan het hy die Here geloof en geprys totdat die moedeloosheid gewyk het en hy weer positief gevoel het. Sy huisgenote het altyd geweet wanneer hy wakker geword het, want hy het altyd die…

Maak skoon die omgewing

Wat ’n verskriklike probleem is besoedeling tog! Almal ly daaronder en tog dra almal van ons daartoe by. Besoedeling kan baie vorme aanneem, maar een tipe word gewoonlik nie maklik raakgesien nie en Charles Swindoll noem dit “verbale besoedeling”. Dit word gewoonlik deur dobbelaars, murmureerders, kritiseerders en skinderbekke rondgestrooi. “Die gif van pessimisme,” skryf Swindoll, “skep ’n negatiewe atmosfeer en…

Ons enigste hoop

’n Onbekende skrywer het geskryf: “Toe ek aanvanklik tot bekering gekom het, en ’n paar jaar daarna, was die gedagte aan Christus se wederkoms ’n besondere idee, ’n wonderlike hoop en ’n heerlike belofte. Die mees inspirerende liedere in destydse eredienste het oor die wederkoms gehandel. “Later het dit ’n inherente deel van geloof geword, ’n onsigbare kenmerk van my…

Hiervoor het ek Jesus

Tydens ’n evangelisasiediens in Ierland was die prediker besig om te verduidelik wat dit beteken om in Christus te bly en Hom volkome te vertrou. Toe hy sy boodskap afsluit, het hy die volgende woorde ’n paar keer herhaal: “Dit beteken dat jy in elke omstandigheid kan sê: ‘Hiervoor het ek Jesus.’” Daar is geleentheid gegee vir getuienisse. ’n Jong…

Om te praat of nie te praat nie

Somtyds is dit beter om te swyg as jy valslik beskuldig word. Maar by ander geleenthede moet jy praat. Toe valse getuies Jesus voor die Sanhedrin aangekla het, het Hy geswyg (Markus 14:53-61). Om Homself te verdedig sou nutteloos wees. Buitendien was Hy besig om die profesie van Jesaja 53 vers 7 in vervulling te laat gaan. Maar by vorige…