’n Onbekende skrywer het geskryf: “Toe ek aanvanklik tot bekering gekom het, en ’n paar jaar daarna, was die gedagte aan Christus se wederkoms ’n besondere idee, ’n wonderlike hoop en ’n heerlike belofte. Die mees inspirerende liedere in destydse eredienste het oor die wederkoms gehandel. “Later het dit ’n inherente deel van geloof geword, ’n onsigbare kenmerk van my bediening. Dit was ’n belangrike en geliefkoosde aspek van my teologiese boodskappe, vanaf die kansel en ook in geskrifte. Maar nou, meteens, het die wederkoms vir my ’n nuwe betekenis gekry. Paulus het dit die ‘gelukkige dag wat ons verwag’ (Titus 2:12:13) genoem. Vir my lyk dit egter asof die koms van Jesus die enigste hoop vir hierdie gebroke wêreld is.” Vanuit ’n menslike oogpunt is daar min of weinig hoop vir die worstelinge van hierdie ou wêreld. Leiers is gefrustreerd terwyl hulle worstel met al die probleme wat die samelewing in die gesig staar. Die enigste volkome en permanente oplossing vir die probleme op aarde, sal in die wederkoms van Jesus gevind word. Wanneer Christus kom sal Hy sy koninkryk oprig en met regverdigheid en integriteit oor die volkere regeer en die “magtige teenwoordigheid van die Here [sal] oral op die aarde geken word” (Habakuk 2:14). Terwyl ons op die wederkoms wag, laat ons volhard in gebed en op die enigste hoop vir die wêreld vertrou.