Month: Februarie 2019

Vertel Dit alles

’n Klerk wat my gehelp het toe ek ’n klein digitale opvangtoestel wou aankoop, het my vertel dat hy ’n soortgelyke een in sy motor aanhou wanneer hy in Kalifornië werk. “Wanneer ek na werk die rit huis toe aanpak, skakel ek die toestel aan en dan praat ek oor alles wat daardie dag op kantoor gebeur het, goed of…

outomatiese motorwassery

Ek sal nooit my eerste ondervinding in ’n outomatiese motorwassery vergeet nie. Toe ek nadergery het, was ek al angstig, byna asof ek tandarts toe gaan. Gespanne het ek die vensters nagegaan – is alles behoorlik toe, en toe het ek gewag. Skielik het magte buite my beheer die motor laat beweeg en daar was ek, binne in die motor,…

opsporing Van gifstowwe

San Francisco en New York Stad gebruik varswatervisse om vas te stel of daar gifstowwe in hulle watervoorraad is. Hulle vrees dat terroriste moontlik die watervoorraad kan teiken. Daarom word ’n klein aantal varswatervisse in ’n tenk aangehou omdat die visse baie sensitief vir chemiese wanbalanse is. Wanneer daar iets verdags in die water teenwoordig is, toon die varswatervisse ’n…

hitte en heiligheid

Waarom neem dit so lank vir my hare om droog te word? Ek was haastig en wou nie in die koue winterweer buite toe gaan met my hare wat nog nat is nie. Toe skielik ontdek ek wat fout is. Ek het die temperatuur van my haardroër op “lou” gestel in plaas van op “warm” aangesien my niggie dit so…

om vriende te maak

Die sosiale webblad, Facebook.com is in 2004 begin sodat studente in kolleges aanlyn met mekaar kontak kan maak. Dis nou toeganklik vir persone van alle ouderdomsgroepe en dit word huidiglik geskat dat daar 400 miljoen persone is wat dit gebruik. Elke gebruiker het ’n eie bladsy waar foto’s en persoonlike besonderhede aangedui word sodat “vriende” dit kan sien. Om met…

om mislukking te Definiëer

Gedurende die groot depressie in Amerika het baie mense in krotbuurtes in gehuggies van hout, seile en komberse gewoon. Hierdie vervalle huisies het bekend gestaan as “Hoovervilles” en dit was die huise van diegene wat uit hulle vorige wonings uitgesit is. Baie van die mense het president Herbert Hoover vir die ekonomiese ellende blameer. Dis ironies dat Hoover se skynbare…

Betoon ware LiefDe

Die Sjinese Nuwejaar het in 2010 toevallig op dieselfde dag as Valentynsdag geval. Alhoewel hierdie twee feesdae baie verskillende oorspronge het, is daar tog sekere ooreenkomste in hoe die dae gevier word. In beide gevalle gee geliefdes aan mekaar geskenke om so hulle emosie uit te druk. Of dit nou rooi rose op Valentynsdag is, of hong bao (rooi sakkies…

unieke Voorregte

In sy boek Forever Young: My Friendship with John F. Kennedy, Jr. skryf Billy Noonan oor sy vriendskap met die seun van president John Kennedy. Gedurende 1980 is John Jnr. en Billy genooi om aan boord van die vliegdekskip, die John F. Kennedy te gaan. Terwyl hulle saam met ’n gids op ’n toer deur die skip gegaan het, het…

Die reünie

Baie Sjinese sal groot moeite doen om die tradisionele jaarlikse familie reünies by te woon. Hierdie etes vind gewoonlik op Maan Nuwejaar plaas en word in die huis van die ouers of die oudste kind gehou. Sjinese wat oorsee werk, moet vroegtydig die lughawens kontak en besprekings vir hulle vlugte doen, aangesien vlugte daardie tyd baie vol is. Ook die…

Stuur Die Lig

’n Amerikaanse besigheidsman, Mark Bent, het ongeveer 250,000 dollar spandeer om ’n bekostigbare flitslig te ontwerp wat deur sonkrag bekragtig word. Duisende is al gratis of teen lae pryse onder mense in Afrikalande versprei. Deur die flitsligte daagliks aan sonkrag bloot te stel, kan die mense vir sewe ure lank lig hê in huise, skole en mediese klinieke waar duisternis…