Die sosiale webblad, Facebook.com is in 2004 begin sodat studente in kolleges aanlyn met mekaar kontak kan maak. Dis nou toeganklik vir persone van alle ouderdomsgroepe en dit word huidiglik geskat dat daar 400 miljoen persone is wat dit gebruik. Elke gebruiker het ’n eie bladsy waar foto’s en persoonlike besonderhede aangedui word sodat “vriende” dit kan sien. Om met iemand “bevriend” te raak beteken om die deur oop te maak, sodat ander met jou kan kommunikeer, kan sien wat jy doen en kan weet waar jy gaan. Vriendskappe op Facebook aangegaan mag terloops of ernstig wees, maar elke vriendskap is slegs “op uitnodiging” moontlik. Net voordat Jesus gekruisig is, het Hy aan sy dissipels gesê: “Julle is my vriende as julle doen wat Ek julle beveel. Ek noem julle nie meer ondergeskiktes nie, want ’n ondergeskikte weet nie wat sy baas doen nie. Nee, Ek noem julle vriende, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het” (Johannes 15:14,15). Onselfsugtigheid, eensgesindheid en vertroue is kenmerke van ware vriendskap, veral in ons verhouding met ons Here Jesus. Christus het in hierdie geval die inisiatief geneem deur sy lewe vir ons te gee en ons uit te nooi om Hom te ken en na te volg. Het ons al gereageer op die Here Jesus se “uitnodiging tot vriendskap” deur ons harte vir Hom oop te maak en niks terug te hou nie?