Maand: Januarie 2018

So Wit Soos Sneeu

Ek en my gesin is verlede Desember berge toe. Ons het ons lewe lank in ’n tropiese klimaatstreek gewoon, dus het ons vir die eerste keer sneeu in sy volle skoonheid gesien. Terwyl ons ons verlustig het in die wit mantel wat oor die velde lê, het my man uit Jesaja aangehaal: “Al was julle skarlakenrooi van sonde, julle sal…

Bekwaam En Beskikbaar

My man was by die werk toe ek die nuus kry dat my ma met kanker gediagnoseer is. Ek het ’n boodskap vir hom gelaat en vriende en familie gebel. Niemand was beskikbaar nie. Met my gesig in my bewende hande het ek gesnik: “Here, help my!” Die gerusstelling dat Hy by my was, het my gedurende daardie eerste oomblikke…

Soos ’n Kindjie

Een aand, baie jare gelede, het ons tweejarige dogtertjie ons met ’n vraag verras. Ons het pas die aandgebed afgesluit toe sy vra: “Mamma, waar is Jesus?”

Luann het geantwoord: “Jesus is in die hemel en Hy is oral, ook hier by ons. En as jy Hom uitnooi, kan Hy ook in jou hart wees.”

“Ek wil Jesus in my…

Blydskap

Ek is vinnig besig om ’n nuwe seisoen te betree – die “winter” van die ouderdom – maar, ek is nog nie daar nie. Al galop die jare verby en al kry ek soms lus om hulle te stuit, ondervind ek blydskap wat my dra. Elke dag is ’n nuwe dag uit die Here se hand. Ek kan dus saam…

Die Laaste Woord

Gedurende ’n filosofie-lesing aan ’n universiteit het ’n student opruiende kommentaar oor die professor se standpunte kwytgeraak. Tot die studente se verbasing het die professor die student bedank en met die volgende besprekingspunt voortgegaan. Toe hy later gevra is waarom hy nie die student geantwoord het nie, het die professor gesê: “Ek beoefen die dissipline om nié die laaste woord…

Heilig! Heilig! Heilig!

“Die tyd vlieg wanneer ’n mens iets geniet.” Daar is geen basis vir hiérdie afgesaagde mening nie, tog ondersteun ’n mens se waarneming dit.

Die tyd verloop glad te vinnig wanneer ons plesier beleef. Gee my ’n taak wat ek geniet, of ’n persoon by wie ek graag kuier, en tyd raak heel irrelevant.

My ondervinding van hierdie “realiteit” het…

Ware Hoop

Ek en ’n vriend het onlangs die Empire State-gebou besoek. Die tou het kort gelyk – verby die blok en om die draai. Toe ons egter die gebou binnegaan, het ons ontdek dat die ry deur die ontvangslokaal, teen die trappe op tot in ’n ander vertrek strek. ’n Verdere afstand het om elke nuwe draai geskuil.

Vermaaklikheidsplekke en temaparke…

God Van Lewe

’n Paar winters gelede het my tuisdorp ’n ongewone lang aanslag van ysige temperature verduur voordat dit uiteindelik plek gemaak het vir die warmer weer van lente. Die termometer buite die huis het vir twee weke aaneen ver onder die vriespunt (-20 C; -5 F) gedaal.

Op ’n besonders yskoue oggend het die geluid van tjirpende voëls die stilte van…

“Ja!” Vir Die Liefde

Carissa het op 21 Augustus 2016 foto’s van ’n vernietigende vloed in Louisiana op sosiale media geplaas. Sy het die volgende oggend ’n nota van iemand wat om hulp smeek, daarby geplaas. Vyf ure later het sy en Bobby, haar man, ander uitgenooi om saam met hulle die reis van 1,610 kilometer af te lê en hulp te gaan verleen.…

Gesindheid Maak Saak

Regina was op pad huis toe, moeg en moedeloos. Haar dag het afgeskop met slegte nuus van ’n vriendin en verder afwaarts gespiraal in vergaderings waar medewerkers geweier het om haar voorstelle te ondersteun. Terwyl sy met die Here praat, het sy besluit om die spanning eenkant toe te skuif en ’n ouer vriendin by ’n versorgingsoord met blomme te…