Month: Oktober 2017

Skoonheid Sonder Einde

Elke keer wanneer ek op die rand van die Grand Canyon staan, sien ek nuwe kwashale van God se skeppingswerk wat my asem wegslaan.

Al is dit slegs ’n baie groot “gat” in die grond, herinner die Grand Canyon my aan die hemel. ’n Opregte twaalfjarige het my op ’n keer gevra: “Sal dit nie vervelig wees in die hemel…

Die Krag Is In Ons!

Die harde knal het my laat skrik. Ek het my kombuis toe gehaas. Ek het per ongeluk aan die skakelaar van die leë koffiemaker geraak. Ek het die toestel se muurprop uitgetrek en die fles aan die oor gegryp. Ek het aan die onderkant daarvan geraak om seker te maak dis nie te warm om op die toonbank neer te sit…

Onsigbare Invloed

Tydens my besoek aan die Nasionale Galery in Washington DC, het ek ’n meesterstuk: Die Wind, gesien. Die skildery het ’n storm wat deur ’n woud beweeg, uitgebeeld. Lang, dun bome het na die linkerkant oorgehel. Bosse is in dieselfde rigting gelooi.

Die Heilige Gees is in ’n veel kragtiger mate in staat om gelowiges in die rigting van God…

Kamer 5020

Jay Button het sy hospitaalkamer in ’n ligbaken omskep.

Die 52-jarige eggenoot, vader, hoërskoolonderwyser en breier was besig om aan kanker te sterf, maar sy kamer – Kamer 5020 – het ’n baken van hoop geword vir vriende, familie en hospitaalpersoneel. Verpleegsters wou hóm versorg vanweë sy vreugdevolle houding en sterk geloof. Sommige het selfs ná werktyd ingeloer.

Terwyl sy…

Versorg Die Skepping

Dis broeityd vir die “groot bruines” in die Owyhee-rivier. Die bruin forelle se nesmaakritueel wat in die herfs plaasvind, het begin. ’n Mens kan sien hoe hulle hul neste in die gruiserige vlakwater uitgrawe.

Wyse vistermanne weet dat die vis broei en probeer om hulle nie te steur nie. Hulle vermy die gruisbanke waar hulle dalk op die foreleiers kan…

Deur God Vasgehou

Die middagete-uur saam met my suster en haar kinders het uitgeloop – die driejarige Annica moes klaarmaak om te gaan rus. Sigbaar ontsteld en met trane in haar oë het sy beswaar gemaak: “Maar tannie Monica het my nog nie vandag vasgehou nie!”  My suster het geglimlag. “Goed, sy mag jou eers vashou – vir hoe lank?” “Vyf minute,” het…

’n Nuwe Naam

In die artikel: “Leading by naming,” het Mark Labberton oor die krag van ’n naam geskryf. Ek ervaar steeds die impak van ’n musikale vriend wat my op ’n keer “musikaal” genoem het. Niemand het dít nog van my gesê nie. Ek kan nie regtig ’n instrument bespeel nie. Ek is nie ’n solis nie. Tog ... ek het dadelik…

Die Goeie Herder

Ek het saam met my man in die hospitaal gesit en wag. Ek was angstig omdat ons jong seun korrektiewe oogchirurgie ondergaan het. Ek kon voel hoe die onrus en kommer soos skoenlappers in my maag fladder. Ek het probeer bid en God om Sy vrede gevra. Terwyl ek deur my Bybel blaai, het ek aan Jesaja 40 gedink. Onderwyl…

Die Tweevlerkige Son

’n Antieke kleiseël het vyf jaar lank in ’n kas in Jerusalem se Instituut van Argeologie gelê. Die eerste ondersoek na die seël wat aan die voet van die suidelike deel van die Ou Stad se muur in Jerusalem opgegrawe is, kon nie die betekenis van die ongeveer 3,000 jaar oue voorwerp vasstel nie. ’n Navorser wat die inskripsie noukeurig…

Word Wakker!

Word wakker en versterk ... wat op die punt staan om dood te loop. Wat julle doen, vind Ek nie goed genoeg voor ... my God nie. Openbaring 3:2

Gedurende die jare wat ek dikwels gereis en elke nag in ’n ander stad vertoef het, het ek altyd ’n wakkerbeloproep geskeduleer sodra ek by die hotel geregistreer het. Ek het…