Jay Button het sy hospitaalkamer in ’n ligbaken omskep.

Die 52-jarige eggenoot, vader, hoërskoolonderwyser en breier was besig om aan kanker te sterf, maar sy kamer – Kamer 5020 – het ’n baken van hoop geword vir vriende, familie en hospitaalpersoneel. Verpleegsters wou hóm versorg vanweë sy vreugdevolle houding en sterk geloof. Sommige het selfs ná werktyd ingeloer.

Terwyl sy eens atletiese liggaam wegkwyn, het hy elkeen met ’n glimlag en bemoediging begroet. ’n Vriend het gesê: “Elke keer wat ek Jay besoek het, was hy vrolik, positief en vol hoop. Hoewel hy kanker en die dood in die gesig gestaar het, het hy sy geloof uitgeleef.”

By Jay se begrafnis het ’n spreker opgemerk dat Kamer 5020 spesiale betekenis gehad het. Hy het na Genesis 50:20 verwys waar Dawid aan sy broers wat hom as ’n slaaf verkoop het, gesê het dat God die bordjies verhang en dit in iets goeds omskep het: “’n groot volk (het) nou in die lewe gebly.” Kanker het sy liggaam deurtrek, maar deur God se hand daarin te sien, kon Jay sê dat God daarmee goed gedoen het. Dít is ook waarom Jay selfs die kanker as ’n oop deur kon sien om ander van Jesus te vertel.

Watter uitnemende voorbeeld van vaste vertroue in ons Verlosser, selfs in die aangesig van die dood! Watter getuienis van vertroue in ons goeie en betroubare God!