Word wakker en versterk ... wat op die punt staan om dood te loop. Wat julle doen, vind Ek nie goed genoeg voor ... my God nie. Openbaring 3:2

Gedurende die jare wat ek dikwels gereis en elke nag in ’n ander stad vertoef het, het ek altyd ’n wakkerbeloproep geskeduleer sodra ek by die hotel geregistreer het. Ek het saam met my persoonlike alarm ’n skellende telefoon nodig gehad om my soggens uit die bed en aan die gang te kry. Â

 Die apostel Johannes se briewe aan die sewe gemeentes in die provinsie Asië is in die boek Openbaring aangeteken, en aan die kerk in Sardis het Jesus hom laat skryf: “Ek weet alles wat julle doen. Ek weet dat julle die naam het dat julle lewe, en tog is julle dood. Word wakker en versterk wat nog by julle oorgebly het, wat op die punt staan om dood te loop. Wat julle doen, vind Ek nie goed genoeg voor die oë van my God nie” (Op. 3:1-2).

Wanneer ons geestelik uitgeput raak, merk ons nie altyd die traagheid wat ons verhouding met God binnedring nie. Die Here herinner ons egter: “Dink daaraan hoe julle die evangelie ontvang en daarna geluister het. Hou daarmee vol en bekeer julle” (v. 3).

Heelwat mense vind dat dit hulle help om geestelik wakker te bly wanneer hul soggens ekstra tyd inruim om Bybel te lees en met God te praat. Dit is nie ’n werk nie, maar ’n vreugde om tyd saam met die Here te spandeer en te weet dat Hy ons voorberei vir wat ook al die dag voorlê.