Month: Julie 2017

Daarmee Wegkom

In Junie 2004, by ’n Vancouver kunsgalery, het die Kanadese veldskiër, Beckie Scott ’n Olimpiese gouemedalje ontvang. Dit is interessant, want die Olimpiese Spele is in 2002 - in Utah gehou. Scott het brons gewen ná 2 atlete, wat maande later gediskwalifiseer is, omdat hulle verbode middels gebruik het.

Dis goed dat Scott uiteindelik haar goud ontvang het, maar die…

'n Vrolike Hart

My kleindogter se gunsteling deuntjie is een van John Philip Sousa se marse. Sousa, die “koning van marsmusiek” was gedurende die laat negentiende eeu ’n Amerikaanse komponis. Moriah speel nie in ’n orkes nie; sy is slegs twintig maande oud. Sy is net lief vir die deuntjie en kan selfs ’n paar note neurie. Sy assosieer dit met vreugdevolle tye.…

’n Dag Om Te Rus

In ses dae moet jy jou werk doen, maar op die sewende dag moet jy nie werk nie  Eksodus 23:12

Een Sondag staan ​​ek by die borrelende stroom wat deur ons Noord-Londen se woonbuurt vloei. Ek het behae geskep in die skoonheid wat dit aan ons andersins beboude gebied bring. Ek het gevoel hoe ek ontspan terwyl ek na die stroom water…

Die Ware Goedheid

Toe ek in Jamaika grootword, het my ouers  my en my suster as “goeie mense” grootgemaak. In ons huis het goed beteken om ons ouers te gehoorsaam, die waarheid te praat, om suksesvol op skool en in ons werk te wees, en kerk toe te gaan ... minstens Paasfees en Kersfees. Ek dink dié definisie van ’n goeie mens is aan…

Gaan Eerste

Ons het geduldig gewerk om ons seun te help om te genees en by sy nuwe lewe met ons familie aan te pas. Trauma uit sy vroeë dae in ’n weeshuis het aanleiding tot negatiewe gedrag gegee. Terwyl ek deernis het vir die swaarkry wat hy eertyds ervaar het, het ek gevoel dat ek emosioneel van hom begin onttrek as…

Kon Ek Dít Sê?

“Die persepsie van bevoordeling is een van die grootste faktore in wedywering,” sê Dr. Barbara Howard, ’n ontwikkelingsgedragspediater ("When Parents Have a Favorite Child” nytimes.com). ’n Voorbeeld is die Ou-Testamentiese karakter, Josef, wie sy pa se gunsteling seun was, en wat sy broers woedend gemaak het (Gen. 37:3-4). Hulle het Josef aan handelaars, wat na Egipte gereis het, verkoop en dit…

Vier Jou Vryheid

Nadat hy ontvoer, vir dertien dae as gyselaar aangehou en vrygelaat is, het ’n Nieu-Seelandse nuuskameraman, Olaf Wiig, met ’n breë glimlag op sy gesig, aangekondig: “Ek voel nou meer lewend as wat ek in my hele lewe gevoel het.”

Vir redes wat moeilik is om te verstaan, is om bevry te word meer opwindend as om vry te wees.

Vir…

Huisskoonmaak

Ek het kamers in my huis geruil. Dit het langer geneem as wat verwag, omdat ek nie my gemors wou oordra na ’n nuwe vertrek toe nie; Ek wou ’n vars en netjiese begin maak. Na ure van skoonmaak en uitsortering was sakke vol goed, gereed vir weggooi, skenk of om herwin te word. Maar aan die einde van dié…