“Die persepsie van bevoordeling is een van die grootste faktore in wedywering,” sê Dr. Barbara Howard, ’n ontwikkelingsgedragspediater (“When Parents Have a Favorite Child” nytimes.com). ’n Voorbeeld is die Ou-Testamentiese karakter, Josef, wie sy pa se gunsteling seun was, en wat sy broers woedend gemaak het (Gen. 37:3-4). Hulle het Josef aan handelaars, wat na Egipte gereis het, verkoop en dit laat blyk dat ’n wildedier hom doodgemaak het (37:12-36). Sy drome is verpletter en sy toekoms het hopeloos gelyk. 

Tog, deur Josef se lewensreis, het hy gekies om aan God getrou te  bly en op Hom te vertrou. Nadat hy valslik beskuldig is deur sy werkgewer se vrou en onskuldig ingekerker is, het Josef met die ongeregtigheid van sy situasie gesukkel, maar hy het op die Here vertrou. 

Jare daarna kom sy broers Egipte toe, om tydens ’n hongersnood, koring te koop en was vreesbevange om te ontdek dat hulle veragte jonger broer nou die Eerste Minister was. Maar Josef het vir hulle gesê: “Maar julle moet nou nie sleg voel of bang wees omdat julle my verkoop het nie, want God het my voor julle uit gestuur om lewens te red … Dis nie júlle wat my hierheen gestuur het nie, maar God” (45:5, 8). 

Josef se minsame woorde laat my wonder of ek sou wraak neem. Of sou ek genadig wees, omdat ek vertroue in die Here het.