Ek het kamers in my huis geruil. Dit het langer geneem as wat verwag, omdat ek nie my gemors wou oordra na ’n nuwe vertrek toe nie; Ek wou ’n vars en netjiese begin maak. Na ure van skoonmaak en uitsortering was sakke vol goed, gereed vir weggooi, skenk of om herwin te word. Maar aan die einde van dié uitputtende proses was ’n pragtige kamer waaroor ek opgewonde was om tyd in te spandeer.

My huisskoonmaakprojek het vir my ’n vars perspektief gegee toe ek 1 Petrus 2:1 lees: “Hou dan op met elke vorm van kwaad, met alle bedrog, huigelary, jaloesie en kwaadpratery.” Interessant dat dít na ’n vreugdevolle belydenis van hul nuwe lewe in Christus was (1:1-12) dat Petrus hulle bemoedig het om van hul afbrekende gewoontes ontslae te raak (1:13-2:3). As ons wandel met die Here deurmekaar voorkom en ons liefde vir ander gedwonge voel, moet dit ons  nie ons redding laat bevraagteken nie. Ons verander nie ons lewens om gered te word nie, maar omdat ons gered is (1:23).

So werklik soos wat ons nuwe lewe in Christus is, so verdwyn ons slegte gewoontes nie oornag nie. Ons moet dus op ’n daaglikse basis ons “huis skoonmaak” deur van alles, wat ons weerhou om vir ander ten volle lief te wees (1:22) en te groei, ontslae te raak (2:2). Dan, in dié nuwe, skoon ruimte, kan ons die wonder van opbouing ervaar (vs. 5), deur die krag en lewe van Christus.