In Junie 2004, by ’n Vancouver kunsgalery, het die Kanadese veldskiër, Beckie Scott ’n Olimpiese gouemedalje ontvang. Dit is interessant, want die Olimpiese Spele is in 2002 – in Utah gehou. Scott het brons gewen ná 2 atlete, wat maande later gediskwalifiseer is, omdat hulle verbode middels gebruik het.

Dis goed dat Scott uiteindelik haar goud ontvang het, maar die oomblik wat sy op die podium moes staan en haar volkslied hoor, was verby. Dié onreg kan nie reggestel word nie.

Ongeregtigheid ontstel ons en sekerlik is daar veel groter onregte as dié. Die verhaal van Kain en Abel toon ’n uiterste daad van ongeregtigheid (Gen. 4:8). Met die eerste oogopslag lyk dit asof Kain weggekom het met sy broer se moord. Na alles, het hy ’n lang, vol lewe gehad en uiteindelik ’n stad gebou (vs. 17).

Maar God het Kain gekonfronteer. “Die bloed van jou broer roep van die aarde af na My,” het Hy gesê (vs. 10). Die Nuwe Testament meld dat Kain ’n voorbeeld is om te vermy (1 Joh. 3:12; Judas 1:11). Maar van Abel lees ons, “deur dieselfde geloof spreek hy nou nog, al is hy reeds dood” (Heb. 11:4).

God gee om vir geregtigheid, om onreg te herstel, en oor die verdediging van die magteloses. Uiteindelik kom niemand weg met enige daad van ongeregtigheid nie. En God beloon ons werk wat in geloof vir Hom gedoen is