Month: Julie 2017

Uitgedos

In haar boek Wearing God, sê skrywer Lauren Winner dat ons klere onuitspreeklik aan ander kommunikeer wie ons is. Wat ons dra mag ons loopbaan, gemeenskap, identiteit, of sosiale status aandui. Dink aan ’n T-hemp met ’n slagspreuk, ’n besigheidspak klere, ’n uniform of olierige jeans en wat hulle kan openbaar. Sy skryf: “Die gedagte dat, soos met ’n kleed,…

Elke Ding Het Sy Tyd

Terwyl ek onlangs vlieg het ek na ’n ma en haar kinders gekyk wat ’n paar rye voor my gesit het. Terwyl die kleuter tevrede gespeel het, kyk die moeder in die oë van haar pasgebore baba, sy glimlag vir hom en streel sy wang. Hy staar terug met ’n grootoog verwondering. Ek het die oomblik met ’n tikkie heimwee…

Magtiger As Alles

Die Iguazu-waterval, op die grens van Brasilië en Argentinië, is ’n skouspelagtige watervalstelsel van 275 watervalle in 2.7 km van die Iguazurivier. Geëts op ’n muur aan die Brasiliaanse kant van die waterval, is die woorde van Psalm 93:4: “Hoog bo die geraas van baie waters, hoog bo die golwe van die see, troon die Here in sy koninklike mag.”…

Net Soos Pa

Is dit nie bekoorlik om te sien hoe ’n kind sy ouers naboots nie? Hoe dikwels sien ons ’n seuntjie in ’n motorsitplek wat sy denkbeeldige stuurwiel aandagtig vashou terwyl hy ’n ogie op die bestuurder hou om te sien wat Pappa volgende gaan doen.

Ek onthou dat ek dieselfde gedoen toe ek klein was. Niks het my groter plesier gegee…

Diep Wortels

Die sequoiaboom, een van 3 spesies van die rooihoutboom, is een van die wêreld se grootste en mees onverganklike organismes. Dit kan tot 90 meter hoog groei, weeg meer as 1.1miljoen kg, en leef vir 3000 jaar. Maar dié  reuse sequoia het baie van sy grootte en lang lewe aan wat onder die oppervlakte lê, te danke. ’n Drie tot vier meter diep…

Word Jy Voorberei?

Ek het vir meer as 2 jaar by ’n kitskos-restaurant gewerk. Sommige aspekte van die werk was moeilik. Kliënte verwoord hul woede, terwyl ek om verskoning vra vir die ongewenste sny kaas op die broodjie, wat ek nie gemaak het nie. Kort nadat ek daar weg is, het ek aansoek gedoen vir ’n rekenaarwerk. Die werkgewers het meer in my…

Aangesig Tot Aangesig

Hoewel die wêreld elektronies verbind is soos nooit tevore nie, klop niks persoonlike tyd saam nie. Terwyl ons saam gesels en lag, kan ons dikwels - amper onbewustelik - andere se emosies waarneem deur na hul gesigsbewegings te kyk. Dié wat vir mekaar lief is, familie óf vriende, wil graag van aangesig tot aangesig  met mekaar betrokke wees.  

Ons sien…

Intieme Besonderhede

Die heelal is ongelooflik groot. Op dié oomblik wentel die maan teen byna 3700 kilometer per uur om ons. Ons aarde draai teen  106 000 kilometer per uur om die son. Ons son is een van 200 miljard ander sterre en triljoene meer planete in ons sterrestelsel, en dié sterrestelsel is net een van 100 miljard ander wat deur die ruimte wentel. Verstommend!

In…

Nader Tot God

’n Vrou wat ’n begeerte gehad het om te bid gryp na ’n leë stoel en kniel daarvoor. In trane, sê  sy, “My Hemelse Vader, sit asseblief hier; ek en U móét praat!” Toe, kyk sy reguit na die leë stoel en begin bid. Sy het haar vertroue in die toeganklikheid tot die Here uitgebeeld; sy het haar verbeel Hy sit op…

Gee Oor Aan Jesus

Hulle noem dit “Die Duiwel se Voetspoor.” Dis ’n voet-vormige afdruk in die graniet op ’n heuwel langs ’n kerk in Ipswich, Massachusetts. Volgens ’n plaaslike legende het die “voetspoor” een herfsdag in 1740 gebeur, toe die evangelis George Whitefield só kragtig gepreek het dat die duiwel van die kerktoring afgespring en op die rots te lande gekom het op sy…