Is dit nie bekoorlik om te sien hoe ’n kind sy ouers naboots nie? Hoe dikwels sien ons ’n seuntjie in ’n motorsitplek wat sy denkbeeldige stuurwiel aandagtig vashou terwyl hy ’n ogie op die bestuurder hou om te sien wat Pappa volgende gaan doen.

Ek onthou dat ek dieselfde gedoen toe ek klein was. Niks het my groter plesier gegee as om presies te doen wat my pa gedoen het nie – en ek is seker hy het groter genot daaruit geput om te sien hoe ek sy aksies na-aap.  

Ek sou graag wou dink dat God dieselfde gevoel het toe Hy sien dat Sy geliefde Seun presies doen wat Hy gedoen het – uitreik na die verlorenes, help die behoeftiges, en die genesing van siekes. Jesus het gesê: “Die Seun kan niks uit sy eie doen nie. Hy doen maar net wat Hy die Vader sien doen; wat die Vader ook al doen, doen die Seun ook net so” (Joh. 5:19).

Ons word geroep om dieselfde te doen – “julle [moet] sy voorbeeld volg. Lewe in liefde” (Ef. 5:1-2). Namate ons voortgaan om te groei om meer soos Jesus te word, mag ons daarna streef om lief te hê soos die Vader liefhet, vergewe soos Hy vergewe, sorg soos Hy sorg, en leef op ’n manier wat Hom tevrede sal stel. Dit is ’n plesier om, in die krag van die Gees, Sy optrede na te aap met die wete dat ons beloning die liefdevolle, teer glimlag van ’n liefdevolle Vader sal wees.