Hulle noem dit “Die Duiwel se Voetspoor.” Dis ’n voet-vormige afdruk in die graniet op ’n heuwel langs ’n kerk in Ipswich, Massachusetts. Volgens ’n plaaslike legende het die “voetspoor” een herfsdag in 1740 gebeur, toe die evangelis George Whitefield só kragtig gepreek het dat die duiwel van die kerktoring afgespring en op die rots te lande gekom het op sy pad uit die dorp uit. 

Hoewel dit net ’n legende is, herinner dit ons aan ’n waarheid in God se  Woord. Jakobus 4:7 vertel ons: “Onderwerp julle dan aan God. Staan die duiwel teë en hy sal van julle af wegvlug.”

God het vir ons die krag gegee wat ons benodig om teen ons teenstander en die versoekings in ons lewens op te staan. Die Bybel meen “die sonde moet nie meer baas wees oor [ons] nie,” (Rom. 6:14) as gevolg van God se liefdevolle genade aan ons deur Jesus Christus. As ons na Jesus toe haas, wanneer versoekinge kom, stel Hy ons in staat om in Sy krag staande te bly. Niks wat ons in dié lewe in die gesig staar kan Hom oorwin nie, omdat Hy “die wêreld klaar oorwin” het (Joh. 16:33). 

As ons onsself aan ons Verlosser onderwerp en ons begeertes aan Hom oorgee en in gehoorsaamheid aan God se Woord wandel, help Hy ons. As ons ons aan Hom onderwerp, in plaas daarvan om aan versoeking toe te gee,  is Hy in staat om ons stryd namens ons te voer. In Hom kan ons oorwin.