Terwyl ek onlangs vlieg het ek na ’n ma en haar kinders gekyk wat ’n paar rye voor my gesit het. Terwyl die kleuter tevrede gespeel het, kyk die moeder in die oë van haar pasgebore baba, sy glimlag vir hom en streel sy wang. Hy staar terug met ’n grootoog verwondering. Ek het die oomblik met ’n tikkie heimwee geniet, denkend aan my eie kinders op daardie ouderdom en die seisoen wat by my verby is.

Ek bepeins die woorde van Koning Salomo in die boek Prediker oor “elke ding het sy vaste tyd” (Prediker 3:1). Hy spreek deur middel van ’n reeks van teenoorgesteldes hoe “elke ding sy vaste tyd [het]” (vers 1). “Daar is ’n tyd om gebore te word, ’n tyd om te sterwe, ’n tyd om te plant, ’n tyd om plante uit te trek” (vers 2). Miskien met hierdie verse toon Koning Salomo sy wanhoop aan terwyl hy na die sinlose siklus van die lewe kyk. Maar hy erken ook die rol van God in elke seisoen en dat ons arbeid “’n gawe van God” is  (vers 13) en dat alles “wat God doen, blywend is” (vers. 14).

Ons mag tye in ons lewens met verlange onthou, soos wanneer ek aan my kinders se babatyd dink. Ons weet egter dat die Here beloof om met ons, in elke seisoen van ons lewe te wees, (Jesaja 41:10). Ons kan op Sy teenwoordigheid staatmaak en besef dat ons doel is om met Hom te wandel.