Ons skrywers

Besigtig alles

Articles by Sheridan Voysey

Dit Is Alles ’n Geskenk!

Café Rendezvous in Londen het goeie beligting, gemaklike banke en die aroma van koffie in die lug. Wat dit nie het nie, is pryse. Dit is oorspronklik begin as ’n besigheid deur ’n plaaslike kerk. Die kafee is ’n jaar na dit begin is, oorgedoen. Die bestuurders het gevoel dat God hulle geroep het om iets radikaals te doen –…

Vermenigvuldigde Goedhartigheid

Cheryl was baie verras toe sy haar volgende pizza-aflewering moes doen. In plaas van ’n huis-aflewering, bevind sy haar buite ’n kerkgebou. Verbaas het sy maar die pizza na binne geneem waar sy toe deur die pastoor ontmoet is.

Die pastoor het opgemerk dat dit lyk of die lewe haar maar stief behandel het. Cheryl moes saamstem. Hy haal toe twee…

God Se Skittering

Die Lord Howe Eiland, ’n entjie van Australië se ooskus af, is ’n paradys met wit strande en kristalhelder water. Die skoonheid het my verstom. Hier swem ’n mens saam met seeskilpaaie en glinsterende visse terwyl lieflike neonkleurige see-organismes om jou dryf. In die koraalriwwe swem helder oranje narvisse en geel gestreepte skoenlappervisse nader om jou hand te soen. Die…

Dankbaar Vir Alles

In Australië kan ’n reis tussen twee dorpe ure duur, en uitputting kan tot ongelukke lei. Gedurende besige vakansietye word rusplekke langs die hoofweë aangebring waar vrywilligers gratis koffie aanbied. Ek en my vrou, Merryn, het op ons lang reise uitgesien na hierdie rustye.

Tydens ’n reis het ons afgetrek en oorgestap om ons koffie te bestel. Die dame het…

Intieme Besonderhede

Die heelal is ongelooflik groot. Op dié oomblik wentel die maan teen byna 3700 kilometer per uur om ons. Ons aarde draai teen  106 000 kilometer per uur om die son. Ons son is een van 200 miljard ander sterre en triljoene meer planete in ons sterrestelsel, en dié sterrestelsel is net een van 100 miljard ander wat deur die ruimte wentel. Verstommend!

In…

’n Tyd Om Te Floreer

Ek het die afgelope lente besluit om die roosboom by ons agterdeur af te sny. In die drie jaar wat ons daar woon, het dit nie veel blomme gedra nie en sy lelike takke het wild gegroei.

Ek het egter besig geraak en my plan is vertraag. ’n Paar weke later het die roosboom bloeisels gedra soos nog nooit tevore nie.…