Kategorie  |  Uncategorized

Wees Stil My Siel

Stel jou voor ’n ouer wat liefdevol oor ’n huilende kind buk en met woordjies soos “sjuut, shhh” die kind saggies probeer troos. Hierdie optrede en eenvoudige woorde is bedoel om angstige kleintjies te midde van teleurstelling, ongemak of pyn te kalmeer en stil te maak. Sulke tonele is algemeen en tydloos en meeste van ons was al aan óf…

Baie Geskenke, Een Doel

Mielies is ’n stapelvoedsel in Mexiko. Daar is baie verskillende kultivars. Daar is geel, bruin, rooi en swart mielies. Selfs koppe met ’n gespikkelde patroon. Laasgenoemde is egter nie baie gewild by stedelinge nie. Restauranteienaar en navorser Amado Ramírez verduidelik dat stedelinge glo dat eenvormigheid op kwaliteit dui. Tog smaak die gespikkelde mielies baie lekker en maak dit uitstekende tortillas.…

Verklaring Van Afhanklikheid

Laura se ma was ’n kankerlyer. Een oggend het Laura saam met ’n vriendin, ’n serebraal-verlamde, vir haar ma gebid. Haar vriendin het gebid: “Here, U doen alles vir my. Doen asseblief alles vir Laura se moeder.”

Laura was diep getref deur haar vriendin se verklaring van afhanklikheid van God en het haarself afgevra: “Hoe dikwels erken ek dat ek…

Verskuilde Skoonheid

Alhoewel dit mooipraat gekos het om my kinders te oortuig dat dit die moeite werd is om snorkel toerusting te gebruik om onder die oppervlak van die Karibiese See aan die kus van die eiland Tobago te kyk, was hulle in ekstase oor die skoonheid wat hulle gesien het toe hulle na die eerste duikslag opkom.

Omdat die oppervlak van…

God Se Groot Skepping

Psalm 104:12

Tydens ’n onlangse besoek aan Florida in Amerika het ons dit baie geniet om saam met ons kleinkinders en met die hulp van ’n spesiaal opgestelde web- kamera ’n arend familie dop te hou. Ons het elke dag gekyk hoedat die ma, pa en baba hulle daaglikse roetine, in hulle nes teen ’n krans hoog bokant die grond, volg.…

’n Volmaakte Wêreld

Katie moes as skooltaak ’n opstel met die titel: “My Volmaakte Wêreld” skryf. Sy het geskryf: “In my volmaakte wêreld … is roomys gratis, suiglekkers oral en die lug is altyd blou met hier en daar ’n wolk met ’n interessante vorm.” Toe neem haar opstel ’n meer ernstige wending aan. In haar wêreld, sê sy, “sal niemand met tuiskoms…

Ek Sien Jou

My man, Alan, moes eenkeer my tweejarige seun, Xavier, soek toe hy agter opgestapelde skoendose in die skoenwinkel wegkruip. Hy het lekker gegiggel toe my man hom vind en sê: “Ek sien jou.”

’n Paar oomblike later het ek gesien hoedat Alan vreesbevange rondhardloop terwyl hy na Xavier roep. Toe sien ons hoedat Xavier al laggende na ’n oop deur…

’n Goddelike Lewenswyse

’n Kaartjie op die lessenaar in my hotelkamer het soos volg gelees:

Welkom. Ons bede is dat u ’n rustige verblyf sal geniet en dat u reise vrugbaar sal wees. Mag die Here u seën en beskerm en Sy aangesig oor u laat skyn.

Omdat ek meer omtrent die maatskappy se kultuur, vastigheid en waardes wou oplees, het ek hulle…

Hoe Ondervind Jy God

Om ’n spesiale geleentheid te vier, het my man my na ’n plaaslike kunsgalery geneem en my genooi om ’n skildery as geskenk uit te soek. My keuse het op ’n klein toneeltjie van ’n stroompie, wat deur ’n woud vloei, geval. Die stroom het die grootste deel van die doek bedek en die enigste manier om die ligging van…

Lig Van Die Wêreld

Een van my gunsteling kunswerke hang in die Keble Kollege kapel in Oxford, Engeland. Die skildery, The Light of the World deur die Engelse kunstenaar William Holman Hunt, wys Jesus met ’n lantern, wat aan ’n huis se deur klop.

Een van die prikkelende aspekte van die skildery is dat die deur nie ’n handvatsel het nie. Toe Hunt gevra is na…