Mielies is ’n stapelvoedsel in Mexiko. Daar is baie verskillende kultivars. Daar is geel, bruin, rooi en swart mielies. Selfs koppe met ’n gespikkelde patroon. Laasgenoemde is egter nie baie gewild by stedelinge nie. Restauranteienaar en navorser Amado Ramírez verduidelik dat stedelinge glo dat eenvormigheid op kwaliteit dui. Tog smaak die gespikkelde mielies baie lekker en maak dit uitstekende tortillas.

Die kerk van Christus is baie soos ’n gespikkelde mieliekop. Die apostel Paulus het hierdie beeld vir ’n liggaan gebruik toe hy die kerk beskryf het, want al is ons net een liggaan met almal dieselfde God, is daar aan elkeen ’n verskillende gawe gegee. Paulus sê: “[Daar] is ’n verskeidenheid van bedieninge, maar dit is dieselfde Here wat die opdrag gee; daar is ’n verskeidenheid van kragtige werkinge, maar dit is dieselfde God wat alles in almal tot stand bring” (1 Kor.12:5–6). Die uiteenlopende wyses waarmee ons mekaar help, dui op God se milddadigheid en kreatiwiteit.

Soos ons uiteenlopenheid aanvaar, laat ons ook alle pogings aanwend om eenheid in geloof en doestellings te behou. Ja, ons het verskillende vermoëns en agtergronde. Ons praat verskillende tale en kom uit verskillende lande. Maar ons het dieselfde wonderlike God, die Skepper wat Hom in verskeidenheid verheug.