Psalm 104:12

Tydens ’n onlangse besoek aan Florida in Amerika het ons dit baie geniet om saam met ons kleinkinders en met die hulp van ’n spesiaal opgestelde web- kamera ’n arend familie dop te hou. Ons het elke dag gekyk hoedat die ma, pa en baba hulle daaglikse roetine, in hulle nes teen ’n krans hoog bokant die grond, volg. Die ouers het konstant elke dag oor die kuiken gewaak en hom vis vanuit ’n nabygeleë rivier gevoer.

Hierdie klein arend familie skilder aan ons maar een voorbeeld van God se manjifieke skepping soos deur die Psalmdigter dit in Psalm 104 aan ons uitbeeld – ’n reeks skeppingsbeelde en natuurtonele deur God se kreatiewe Hand.

Ons sien die majesteit van God se skepping in die heelal (vv. 2–4).

Ons ondervind die skepping van die aarde op sigself – water, berge, valleie (vv. 5–9).

Ons geniet God se geskenk van diere, voëls en oeste (vv. 10–18).

Ons bewonder die kringlope wat God in ons wêreld geskep het – oggend/aand, donker/lig, werk/rus (vv. 19–23).

Wat ’n wonderlike wêreld het God vir ons genot deur Sy hande geskep – en vir Sy glorie! “Ek wil die Here loof!” (vs. 1). Elkeen van ons kan die Here dank vir alles wat Hy aan ons gegee het om te waardeer en te geniet.