Wanneer Ons Moeg Is
Dit kan soms uitputtend wees om die regte ding te doen. Ons mag dalk wonder: Maak my goedbedoelde woorde en handelinge enige verskil? Hierdie gedagte het onlangs by my opgekom nadat ek ’n, volgens my, aanmoedigende e-pos aan ’n vriend gestuur het. Tog het dit eerder ’n kwaai antwoord ontlok. Hoe kon ek so misverstaan word?
Voordat ek uit woede kon reageer,…
Dit Gaan Nie Oor Die Vis Nie
’n Albino Boggelrug walvis is verskeie kere langs die kus van Suid-Queensland, Australië, opgemerk. Hierdie pragtige vis van oor die twaalf meter is so skaars dat Australië ’n wet vir sy bewaring afgekondig het.
Die Bybel vertel ook van ’n rare groot vis wat God spesiaal voorsien het om Jona in te sluk omdat hy nie God se opdrag om…
Vele Pragtige Goed
Kunstenaar en sendeling Lilias Trotter het kort voor haar dood by’n venster uitgekyk en ’n visioen van ’n hemelse strydwa gesien. Toe aan haar gevra is wat sy sien, was haar antwoord: “Vele pragtige goed.”
Trotter se woorde het God se werk in haar lewe weerkaats. Nie slegs in die dood nie maar regdeur haar lewe het Hy baie skoonheid…
Om God Se Pad Te Stap
“Ons gaan hierlangs” het ek vir my seun gesê toe ek hom op sy skouer tik en deur die skare agter sy ma aan beduie. Ek sou dit meermale deur die loop van die dag tydens ons besoek aan die pretpark doen. Hy het moeg geword en was maklik verwar. Hoekom kan hy hulle nie net volg nie? het ek…
Om Na Jou Broer Te Luister
“Jy moet na my luister, ek is jou broer!” Hierdie vermaning was deur ’n seun in ons buurt aan sy jonger broer gerig. Dit was duidelik dat die ouer broer bewus was van die gaping wat daar tussen hom en sy jonger broer aan die ontwikkel was, asook die beste wyse hoe dit reggestel kan word.
Hoeveel van ons het…
Die Seën Van Aanmoedigers
Die 2010 rolprent The King’s Speech vertel die verhaal van die hakkelende Koning George VI van Engeland wat onverwags sy broer opgevolg het. Wat my baie in die prent opgeval het was die uitbeelding van die koning se eggenote, Elizabeth, wat hom deurgaans aangemoedig het. Haar toegewydheid het hom ondersteun om tydens die oorlog te regeer.
Die Bybel beklemtoon verhale van…
Onverwagte Paaie
Die vyfjarige Levan Merrit het in 1986 na ’n val van ses meter in ’n gorillahok in ’n dieretuin in Jersey, Engeland, beland. Terwyl sy ouers om hulp roep, het ’n uitgegroeide gorillamannetjie, Jambo, tussen die roerlose seun en verskeie ander gorillas stelling ingeneem. Toe die seun begin huil het Jambo die ander gorillas in hulle hokke ingelei terwyl Levan…
Waar Om Hoop Te Vind
Elizabeth was ’n dwelmverslaafde en het lank gesukkel om die verslawing te breek. Sy het dit nietemin later oorwin en wou daarna graag ander uit dankbaarheid help. Sy het begin deur anonieme notas deur die stad te versprei deur dit onder motors se ruitveërs te plaas en aan pale in parke vas te kram. Waar sy voorheen na tekens van…
’n Gepaste Tyd
Ek het gister ’n vliegtuigkaartjie vir my oudste kind, wat op pad is kollege toe, gekoop. Na al die trane wat ek in die proses op my rekenaar gestort het, is ek verbaas dat dit nog werk. Dit was wonderlik om die afgelope agtien jaar daagliks saam met haar te kon wees. Nou staan sy op die punt om te…
Gegraveer In Sy Hande
Charles Spurgeon was in die 1800’s, ’n baie bekende prediker in Engeland. Tydens sy jarelange bediening by sy kerk in Londen was hy baie lief om oor die rykdom van Jesaja 49:15,16, waar God sê “Ek sal jou nie vergeet nie. Ek het jou naam in my handpalms gegraveer” te preek. “Daar moet honderde kere oor ’n teks soos hierdie…