Almal Is Hartlik Welkom
Ek en my vrou was tydens ons vakansie by ’n atletiekkompleks. Die hekke, wat oop was, het ons as’t ware ingenooi. Ons het rondgestap en die goed versorgde sportvelde bewonder. Op pad uit is ons voorgekeer en kortaf ingelig dat ons nie veronderstel was om daar te wees nie. Ons het skielik besef dat ons buitestanders was, en dit het…
Skitter
Die lirieke van die Engelse wiegeliedjie: “Twinkle, twinkle, little star,” was oorspronklik ’n gedig deur Jane Taylor. Dit vertel van die sterre wat hoog bokant die wêreld hang, en vang die wonder van God se heelal vas. In die verse wat volg, en weinig gepubliseer word, dien die ster as ’n gids: “As your bright and tiny spark lights the…
Beter As Tevore
’n Paar salmvissers het ná ’n lang dag van visvangs in ’n Skotse herberg byeengekom. Een het vir sy vriende van sy vangs vertel, sy arm wyd geswaai, ’n glas getref, waarna dit teen die muur versplinter en ’n kol op die witgepleisterde oppervlak gelaat het. Die man het die herbergier om verskoning gevra en aangebied om vir die skade…
Om Dapper Te Bly Staan
Teresa Prekerowa was ’n tiener toe die Nazi’s haar vaderland, Pole, aan die begin van die Tweede Wêreldoorlog binnegeval het. Dít was met die aanvang van die Joodse volksmoord toe haar Joodse bure, wat deur die Nazi’s aangekeer is, begin verdwyn het. Teresa en van haar volksgenote het hul lewens gewaag om daardie bure uit die Warsau-ghetto en van die…
Om Hulp Te Vra
Haar e-pos het ná ’n lang dag gekom, tog het ek dit nie oopgemaak nie. Ek was druk besig om ’n siek familielid by te staan. Daar was dus nie tyd vir sosiale afleiding nie.
Die volgende oggend het ek my vriendin se boodskap gelees: “Kan ek jou help?” Heel verleë wou ek Nee antwoord. Ek het my asem diep…
God Se Brandhout
Die angstige vrou het die kleinste kinders gegryp en uit die brandende huis gestorm terwyl sy hard na die vyfjarige Jacky roep.
Jacky het egter nie gevolg nie. Buite het ’n omstander vinnig opgetree: op die skouers van ’n vriend het hy Jacky vanuit die boonste venster na veiligheid getrek – net voordat die dak meegegee het. Susanna, sy…
Vir Ons Vriende
In Emily Bronte se roman: Wuthering Heights, word die iesegrim wat dikwels die Bybel aanhaal om ander te kritiseer, beskryf as “die uitputtendste selfvoldane Fariseër wat al ooit die Bybel beroof het om die beloftes vir homself toe te eien en die vloeke na sy medemens te slinger.”
Dis snaaks, ja, en herinner ons selfs aan sekere mense. Is ons…
’n Geheimenis Ontsluit
Toe ek eendag na werk tuis kom, het ek ’n paar hoëhakskoene langs die oprit sien lê. Ek het natuurlik geweet aan wie dit behoort. Daarom het ek die skoene in die motorhuis gesit sodat ek hulle aan my dogter, Lisa, kon gee wanneer sy die kinders kom oplaai. Dit het egter geblyk dat dit nie Lisa of enigiemand anders…
Versamel Are In Die Land
’n Tanzaniese vriendin, Ruth, het ’n visie om ’n stuk verlate land in die hoofstad Dodoma te bekom. Sy het die nood van ’n aantal plaaslike weduwees raakgesien en wil graag die stowwerige stuk grond omskep in ’n plek waar hoenders aangehou kan word en waar daar geplant kan word. Haar visie om mense in nood te help is in…
Om God Eerste Te Vra
Reeds vroeg in ons huwelik het ek daarmee gesukkel om my vrou se voorkeure te ontrafel. Wou sy graag ’n stil aandete tuis geniet of eerder ’n restaurant besoek? Was dit goed as ek saam met die manne kuier, of het sy verwag dat ek die naweek saam met haar sal deurbring? Eenkeer het ek, sonder om te raai en self…