Ons skrywers

Besigtig alles

Articles by Elisa Morgan

Skitter

Die lirieke van die Engelse wiegeliedjie: “Twinkle, twinkle, little star,” was oorspronklik ’n gedig deur Jane Taylor. Dit vertel van die sterre wat hoog bokant die wêreld hang, en vang die wonder van God se heelal vas. In die verse wat volg, en weinig gepubliseer word, dien die ster as ’n gids: “As your bright and tiny spark lights the…

Hartshongerte

Terwyl ek saam met my man op pad was om takies af te handel, het ek deur die e-posse op my foon geblaai. Ek was verbaas oor ’n inkomende advertensie van ’n plaaslike oliebolkiosk aan die regterkant van die straat waarby ons so pas verbygery het. My maag het skielik van hongerte gerammel. Ek was verbaas hoedat tegnologie verkopers toelaat…

Stop

Ek en my vriend het op die sand gesit, naby die ewig-ritmiese oseaan. Terwyl die son sak, het golf na golf omgekrul, gewag en dan kabbelend na ons uitgestrekte tone gekom, om elke keer net kort te stop. “Ek is lief vir die see,” het sy geglimlag. “Dit beweeg sodat ek nie hoef nie.”

Wat ’n gedagte! So baie van…

Bo In ’n Boom

My katjie, Velvet, moes vinnig by die deur uit laat spaander toe my moeder haar by die vars tuisgebakte brood op die kombuistafel betrap. Ure later en na vele gesoek het ek haar uiteindelik bo in ’n populierboom gevind.

Velvet het, in haar haas om voor my moeder se frustrasie uit te vlug, ’n meer netelige posisie gekies. Is dit nie…

Oral!

Ek het vinnig deur my ou troufoto’s geblaai en by die een van my en my ma, waar ons pas gedoop is as “Mnr. en Mev.”, vasgesteek. My gesigsuitdrukking het van my toewyding aan hom vertel. Ek sou oral saam met hom gaan.

Nou, byna 40 jaar later, is ons huwelik verweef met die liefde en toewyding wat ons albei deur…

Voortsetting Van Die Nalatenskap

My foon piep met ’n nuwe boodskap. My dogter vra my ouma se resep van ’n pepermentroomystert. Terwyl ek deur die vergeelde kaarte blaai in my afgeleefde reseptehouer, sien ek die uitsonderlike skrif van my ouma – en verskeie nota’s in die fyn kursief van my ma. Dit val my op dat hierdie resep die vierde geslag van my familie…

Alledaagse Oomblikke

Ek het die inkopies in my kar gelaai en versigtig uit my parkeerplek beweeg. Skielik het daar ’n man oor die sypaadjie reg voor my ingehardloop. Hy het my duidelik nie gesien nie. Ek het hard gerem, en hom net-net gemis. Op daardie oomblik het ek besef ek het ’n keuse: ek kon my oë uit frustrasie rol, of ’n…

Om Mens Te Wees

’n Polisiehoof is eenkeer gevra hoe hy ’n gemeenskap wat nie altyd saamwerk as dit by wetstoepassing kom nie, hanteer. In antwoord het hy nie sy kenteken uitgeruk of sy rang voorgehou nie, maar stilweg geantwoord dat hulle self net mense is wat met mense in nood werk.

Sy nederigheid en gelykstelling met ander mense het my aan Petrus se…

’n Veilige Plek

Ek en my dogter het beplan om ’n familiesaamtrek by te woon. Aangesien sy teen die reis opgesien het, het ek aangebied om te bestuur. “Goed, maar ek voel veiliger is my motor. Sal u dit bestuur?” het sy gevra. Ek het aangeneem sy verkies haar ruimer motor en vra haar toe: “Is my motor te beknop?” “Nee, dis net…

Nozomi-hoop

’n Aardbewing met ’n omvang van 9 op die Richterskaal en die daaropvolgende tsunami het in 2011 ongeveer19,000 lewens geëis en 230,000 huise in die streek noordoos van Tokio verwoes. In die nadraai daarvan is die Nozomi-projek gebore. Die doel van Nozomi – die Japanese woord vir “hoop” – is om volhoubare inkomste, gemeenskaplikheid, menswaardigheid en hoop in ’n God…