Dag van goeie nuus
My Australiese vriend, Graham, was nie blind gebore nie. Nee, hy het na ’n fratsongeluk, toe hy 9 jaar oud was, sy sig verloor. Tog het hy nooit homself bejammer nie. Waar hy ook al gegaan het, het hy altyd vertel wat Jesus Christus vir hom beteken. Sy laaste reis, as praktiserende fisioterapeut was na Thailand. Hy wou nie slegs…
om genees te word
John Steinbeck se novelle, The Grapes of Wrath waarvoor hy die Pulitzer toekenning verower het, begin met ’n toneel in die droogtegeteisterde Oklahoma gedurende die groot depressie. Die oeste op die lande was besig om te verdroog en stof het oral opgestyg. Die vroue het hulle mans angstig dopgehou om te sien of hulle die krisis sou kon hanteer. Toe…
Bring hulle na Jesus
Tydens die gedenkdiens vir David Holquist, het die prediker uit Lukas 18, oor die kinders, voorgelees. Dit was nogal ongewoon, aangesien Holquist 77 jaar oud was, toe hy gesterf het. Nogtans het die prediker gesê dat die woorde uitstekend op David van toepassing was. Hy was vir jare professor en ’n deel van sy nalatenskap was dat hy so baie…
hoogtegno kommunikasie
Wanneer dit vandag by kommunikasie kom, is ons wêreld besig om al meer hoogtegnies te raak. Die gewildheid van Twitter, Facebook en die Internet mag persone laat dink dat die Bybel outyds geword het. Die tegnologies ingestelde mense in ons wêreld mag voel dat die Bybel uitgediend is, omdat al die moderne dinge nie daarin genoem word nie, maar die…
niks sal my ontbreek nie
Voordat die klein arendjies nog ’n week oud was, het hulle al begin stoei om kos in die hande te kry. Nie een van die twee was al sterk genoeg om hulle koppies vir meer as ’n paar sekondes orent te hou nie en dus het hulle maar redelik snaaks gelyk – twee harige balletjies met koppe wat heen en…
ek, my, myne
Gedurende 1970 het die Beatles begin werk aan ’n dokumentêre film wat sou wys hoe hulle musiek tot stand kom. Maar in plaas van om die proses van musikale kreatiwiteit aan te toon, het die film die gordyn oopgetrek en al die selfsug en onderlinge stryd ontbloot. Die orkeslede was almal meer besorg oor hulle eie liedere as oor die…
’n waardevolle offerande
Ek was baie dankbaar toe ek gehoor het dat ’n vriend ’n Bybel aan my buurvrou gegee het. Maar toe sê sy vir my dat sy opgehou het om die Bybel te lees, omdat sy nie kon verstaan waarom die Here nie Kain se offer wou aanvaar nie. “Hy is immers ’n boer” het sy gesê, “en as ’n boer…
tweedehandse geloof
Toe ek in Singapore opgegroei het, kan ek nog onthou hoedat van my vriende deur hulle ouers uit die huis geskop is, omdat hulle dit durf waag het om in Jesus Christus te glo. Hulle het gely ter wille van hulle geloof, maar het as sterker persone na vore gekom. In kontras met hulle, het ek in ’n Christenhuis opgegroei,…
om oor reuse te triomfeer
Gedurende 1935 het die debatspan van ’n klein en onbekende swart skool in Texas, onverwags die blanke kampioenspan van die Universiteit van SuidKalifornië verslaan. Dit was in der waarheid ’n klassieke voorbeeld van die onbekende wat oor die nasionale reus, triomfeer. Toe die destydse Israel bedreig is deur die Filistyne, was daar ’n jong seun, Dawid, wat oor die Filistynse…
moenie Vergeet nie
Sommige oggende wanneer ek werk toe gaan, sê my vrou: “Moenie vergeet nie ...” En later in die dag sal sy my skakel en vra: “Het jy vergeet?” Ons het almal die neiging om te vergeet. Ek dink dis die rede waarom die Here soms belangrike waarhede oor en oor herhaal. Twee keer in Deuteronomium 24 herinner die Here die…