’n Pragtige melodie
Gedurende die lente van 2009 het Susan Boyle deelgeneem aan die Britain’s Got Talent kompetisie. In vergelyking met ander deelnemers, het sy maar bra onindrukwekkend voorgekom. Niemand het baie van haar verwag nie, totdat sy die mikrofoon na haar lippe gebring het. En toe sy begin sing, was die beoordelaars aangegryp deur die skoonheid en krag van haar stem. Haar…
Die goeie storie
Persone aan die universiteit van Chicago, het toetse gedoen wat bewys dat mense negatiewe beelde beter as positiewe beelde onthou. Alhoewel mense beweer dat hulle wil wegdraai van al die negatiewe nuus in die media, is dit tog so dat berigte oor tragedies, siektes, ekonomiese ineenstortings en dramatiese gebeure altyd die aandag trek. Katherine Hankey (1834-1911) was meer geïnteresseerd in…
Hardloop!
In die film Chariots of Fire, is een van die karakters, die legendariese Britse atleet, Harold Abrahams. Hy is desperaat om te wen, maar in ’n voorafgaande 100 meter wedloop, in voorbereiding vir die 1924 Olimpiese Spele, word hy deur sy opponent, Eric Liddell, geklop. Sy reaksie is diepe teleurstelling en wanhoop. Toe sy vriendin Sybil, hom probeer bemoedig, verklaar…
Die skietende bamboesbeer
In haar komiese boek, Eats, Shoots and Leaves, bekla Lynne Truss die probleem van swak punktuasie wat vandag in so baie geskrifte voorkom. Sy vertel die komiese verhaal van ’n bamboesbeer (panda) wat ’n kafee binnestap, ’n toebroodjie bestel, dit eet en dan ’n pistool uitpluk en begin skiet. Toe ’n kelner hom vra waarom hy dit doen, het die…
Stop en help
Dr. Scott Kurtzman, die hoof sjirurg van die Waterbury hospitaal in Con-necticut, was onderweg om ’n lesing te gaan aanbied toe hy op ’n verskriklike ongeluk afgekom het. Daar was 20 voertuie in die ongeluk betrokke. Die dokter het dadelik besef daar’s hulp nodig. Hy het deur die metaalstrukture geworstel en uitgeroep: “Wie het hulp nodig?” Nadat hy vir 90…
Gelowige gebed
Emma Gray was 95 jaar oud toe sy in Junie 2009 oorlede is. Vir meer as twee dekades was sy ’n huiswerker in ’n groot woning. Elke aand terwyl sy met haar take besig was, het sy gebid vir wysheid en veiligheid van die man in wie se diens sy gestaan het. Alhoewel sy vir 24 jaar op dieselfde plek…
Dis nie regverdig nie
“Dis onregverdig!” Of jy dit al gesê het, of net gedink het, jy moet erken, dis moeilik om te sien dat iemand met iets wegkom en nie kry wat hy verdien nie. Ons leer dit van kindsbeen af. Vra net vir die ouer van enige tiener. Kinders haat dit dat hulle broers of susters loskom as hulle oortree het. Dis…
Reik my die hand
Onlangs was ek besig om saam met ’n paar vriende vis te vang. Ongelukkig beland ek toe in ’n stroom wat te sterk was vir my ou bene. Ek moes van beter geweet het, want dis ’n welbekende feit dat strome soms te sterk kan wees en jy in probleme kan beland. Ek het paniekerig geraak en besef ek is…
’n Rentmeester van genade
Verlede week het ek verskeie geleenthede gehad om deernis te betoon. Ek het nie volmaak opgetree nie, maar ek was tevrede oor die manier waarop ek een situasie in besonder hanteer het. Ek het nie kwaad geword nie en gesê: “Ek kan verstaan dat so iets gebeur het. Ek het beslis ook my aandeel aan die foute gehad,” en dit…
’n Held wat genees
Korporaal Desmond Doss was die eerste persoon wat ’n gewetensbeswaar teen deelname aan die oorlog gehad het, maar tog later die Eremedalje van die Amerikaanse Kongres, die hoogste denkbare militêre toekenning, ontvang het. As toegewyde Christen was hy oortuig dat hy nie die reg het om ander mense dood te maak nie. Nogtans wou hy sy land en volk dien…