Kategorie  |  Uncategorized

Die Goeie Herder

Ek het saam met my man in die hospitaal gesit en wag. Ek was angstig omdat ons jong seun korrektiewe oogchirurgie ondergaan het. Ek kon voel hoe die onrus en kommer soos skoenlappers in my maag fladder. Ek het probeer bid en God om Sy vrede gevra. Terwyl ek deur my Bybel blaai, het ek aan Jesaja 40 gedink. Onderwyl…

Die Tweevlerkige Son

’n Antieke kleiseël het vyf jaar lank in ’n kas in Jerusalem se Instituut van Argeologie gelê. Die eerste ondersoek na die seël wat aan die voet van die suidelike deel van die Ou Stad se muur in Jerusalem opgegrawe is, kon nie die betekenis van die ongeveer 3,000 jaar oue voorwerp vasstel nie. ’n Navorser wat die inskripsie noukeurig…

Word Wakker!

Word wakker en versterk ... wat op die punt staan om dood te loop. Wat julle doen, vind Ek nie goed genoeg voor ... my God nie. Openbaring 3:2

Gedurende die jare wat ek dikwels gereis en elke nag in ’n ander stad vertoef het, het ek altyd ’n wakkerbeloproep geskeduleer sodra ek by die hotel geregistreer het. Ek het…

Van Wurms Tot Oorlog

Dit was die eerste keer dat die tienjarige Cleo gaan visvang het. Hy het in die blik met die aas gekyk en gehuiwer. Uiteindelik het hy vir my man gesê: “Help my, E-I-B-V-W!” Toe my man hom vra wat verkeerd is, het Cleo geantwoord: “E-I-B-V-W! Ek is bang vir wurms!” Sy vrees het hom lamgelê. Hy kon nie optree nie.…

Genoeg

Toe ek en my man gevra is om ’n klein groepie in ons huis te ontvang, wou ek onmiddellik weier. Ek het onbekwaam gevoel. Daar was nie sitplek vir almal nie en die huis te klein om baie mense te akkommodeer. Was ons bekwaam genoeg om die besprekings te fasiliteer? En as ek kos moet voorberei? Die passie en fondse…

Hoe Lank Nog?

Toe ek getrou het, het ek gedink ek sal dadelik kinders hê. Dit was egter nie die geval nie en die pyn van onvrugbaarheid het my op my knieë gedwing. Ek het dikwels tot God uitgeroep: “Hoe lank nog?” Ek het geweet God kon my omstandighede verander. Waarom het Hy nie?

Wag jy op God? Vra jy: Hoe lank nog,…

As Ek Toe Geweet Het

Op pad werk toe het ek na die liedjie: “Dear younger me,” geluister. Daarin word die vraag gestel: As jy met al die kennis waaroor jy tans beskik kon teruggaan na die verlede, wat sal jy vir jou jonger self vertel? Ek het gedink aan die brokkies wysheid en vermanings wat ek my jonger, minder wyse self sou gee. Die…

Hy Sweef Bokant Ons

Betty se dogter het ná ’n oorsese reis siek tuis gekom. Toe haar pyn ondraaglik word, het Betty en haar man haar na die noodeenheid geneem. Die dokters en verpleegsters het aan die werk gespring en ná ’n paar uur het een van die verpleegsters vir Betty kom sê: “Jul dogter gaan gesond word. Ons sal mooi na haar kyk…

Goddelike Onderbrekings

Kenners is dit eens dat ’n verstommende hoeveelheid tyd daagliks vermors raak deur onderbrekings. ’n Telefoonoproep of ’n onverwagse besoek kan ons, of ons tuis of by die werk is, maklik van wat ons as ons hoofdoel beskou, laat ontspoor.

Nie almal van ons hou van onderbrekings in ons daaglikse lewe nie, veral nie wanneer dit tot ongerief of ’n…

Nood Leer Bid

Marc onthou sy pa het die gesin byeengeroep. Hul motor was onklaar, en spoedig sou daar nie meer geld wees nie. Marc se pa het stil geraak, gebid, en toe sy gesin gevra om op God se antwoord te wag.

Marc vertel God se hulp het op verrassende maniere gerealiseer. ’n Vriend het die motor herstel; onverwagte tjeks is ontvang…