Jesus Vermom
’n Vriendin wat haar skoonmoeder versorg het, het haar gevra wat sy die heel graagste wou hê. “Dat my voete gewas word,” het die dame geantwoord. My vriendin het erken: “Ek het dit gehaat! Elke keer wat sy my gevra het om dit te doen, was ek teësinnig en het ek die Here gevra om my gevoelens weg te steek.”…
Tussen Broers
Ek en my broer verskil minder as ’n jaar van mekaar en het taamlik baklei. Pa het verstaan. Hy het broers. Ma? Nie veel nie.
Ons verhaal kon in Genesis 1 ingepas het as Die geskiedenis van broedermededinging. Kain en Abel, Isak en Ismael, Josef en alle ander wat nie Benjamin genoem is nie (Gen. 4; 21:8-10; 37). Maar wat…
’n Veilige Plek
Ek en my dogter het beplan om ’n familiesaamtrek by te woon. Aangesien sy teen die reis opgesien het, het ek aangebied om te bestuur. “Goed, maar ek voel veiliger is my motor. Sal u dit bestuur?” het sy gevra. Ek het aangeneem sy verkies haar ruimer motor en vra haar toe: “Is my motor te beknop?” “Nee, dis net…
Skoonheid Sonder Einde
Elke keer wanneer ek op die rand van die Grand Canyon staan, sien ek nuwe kwashale van God se skeppingswerk wat my asem wegslaan.
Al is dit slegs ’n baie groot “gat” in die grond, herinner die Grand Canyon my aan die hemel. ’n Opregte twaalfjarige het my op ’n keer gevra: “Sal dit nie vervelig wees in die hemel…
Die Krag Is In Ons!
Die harde knal het my laat skrik. Ek het my kombuis toe gehaas. Ek het per ongeluk aan die skakelaar van die leë koffiemaker geraak. Ek het die toestel se muurprop uitgetrek en die fles aan die oor gegryp. Ek het aan die onderkant daarvan geraak om seker te maak dis nie te warm om op die toonbank neer te sit…
Onsigbare Invloed
Tydens my besoek aan die Nasionale Galery in Washington DC, het ek ’n meesterstuk: Die Wind, gesien. Die skildery het ’n storm wat deur ’n woud beweeg, uitgebeeld. Lang, dun bome het na die linkerkant oorgehel. Bosse is in dieselfde rigting gelooi.
Die Heilige Gees is in ’n veel kragtiger mate in staat om gelowiges in die rigting van God…
Kamer 5020
Jay Button het sy hospitaalkamer in ’n ligbaken omskep.
Die 52-jarige eggenoot, vader, hoërskoolonderwyser en breier was besig om aan kanker te sterf, maar sy kamer – Kamer 5020 – het ’n baken van hoop geword vir vriende, familie en hospitaalpersoneel. Verpleegsters wou hóm versorg vanweë sy vreugdevolle houding en sterk geloof. Sommige het selfs ná werktyd ingeloer.
Terwyl sy…
Versorg Die Skepping
Dis broeityd vir die “groot bruines” in die Owyhee-rivier. Die bruin forelle se nesmaakritueel wat in die herfs plaasvind, het begin. ’n Mens kan sien hoe hulle hul neste in die gruiserige vlakwater uitgrawe.
Wyse vistermanne weet dat die vis broei en probeer om hulle nie te steur nie. Hulle vermy die gruisbanke waar hulle dalk op die foreleiers kan…
Deur God Vasgehou
Die middagete-uur saam met my suster en haar kinders het uitgeloop – die driejarige Annica moes klaarmaak om te gaan rus. Sigbaar ontsteld en met trane in haar oë het sy beswaar gemaak: “Maar tannie Monica het my nog nie vandag vasgehou nie!” Â My suster het geglimlag. “Goed, sy mag jou eers vashou – vir hoe lank?” “Vyf minute,” het…
’n Nuwe Naam
In die artikel: “Leading by naming,” het Mark Labberton oor die krag van ’n naam geskryf. Ek ervaar steeds die impak van ’n musikale vriend wat my op ’n keer “musikaal” genoem het. Niemand het dít nog van my gesê nie. Ek kan nie regtig ’n instrument bespeel nie. Ek is nie ’n solis nie. Tog ... ek het dadelik…