Sterk Baba
Toe ek hom die eerste keer sien, het ek gehuil. Hy het soos ’n volmaakte babatjie slapende in sy bedjie gelyk. Maar ons het geweet dat hy nooit sou wakker word nie. Nie totdat hy in die arms van Jesus was nie.
Hy het vir etlike maande aan die lewe vasgeklou. Toe vertel sy moeder ons in ’n hartverskeurende E-pos van…
Leef Anoniem
My verslete en voosgelese kopie van Jane Yolen se werk “Working Up to Anon” (Anoniem) was ’n uittreksel uit ’n baie oue “The Writer”- tydskrif. Volgens haar is die beste skrywers dié wat regtig daarna streef om deur middel van erkende outeursreëls ’n storie so te vertel dat die fokus eerder op die storie geplaas word en nie op die vermoëns van die…
Wie kan Hy wees?
“Maak skoon julle lessenaars en kry ’n stuk papier en potlood.” Toe ek nog ’n student was, het hierdie gewraakte woorde “toetstyd” aangekondig.
In Markus 4 lees ons dat Jesus se dag, wat gewoonlik met lering op die strand begin het (vs. 1), met ’n tyd van geloofstoetsing afgesluit is (vs. 35). Die boot wat as ’n platform vir Sy…
Rut Se Verhaal
Rut kan nie haar verhaal vertel sonder om te huil nie. In haar middel tagtigs en onbekwaam om oral rond te beweeg, blyk sy nie ’n sentrale figuur in ons kerklewe te wees nie. Sy is afhanklik van ander om haar iewers heen te vervoer en omdat sy alleen bly, strek haar invloedsfeer ook nie ver nie.
Haar verhaal van…
Ontrafel Die Geheimenisse
Ek het nog altyd die humor en insig van die skepper van “Peanuts”, Charles Schulz, geniet. Een van my gunstelingstrokiesprente wat hy geteken het, het verskyn in ’n boek oor jongmense in die kerk. Sy skets beeld ’n jong man uit wat ’n Bybel vashou en vir sy vriend oor die telefoon vertel: “Ek dink ek het die eerste stap…
Beproefde Getrouheid
Voordat ek en my man ons lewens aan Christus gewy het, het ons dit oorweeg om te skei. Ons wou God egter liefhê en gehoorsaam, en het ons weer aan mekaar toegewy. Ons het wyse raad gesoek en die Heilige Gees gevra om ons te verander, individueel sowel as ’n egpaar. Ons hemelse Vader leer ons steeds gesonde kommunikasievaardighede, hoe…
Gewortel In God
Toe vriende hul intrek in hul nuwe huis geneem het, het hulle ’n wisteria naby hul heining geplant en uitgesien na die lilakleurige bloeisels wat ná ’n groeiperiode van vyf jaar sou verskyn. Hulle het die plant  langer as twee dekades lank geniet, dit versigtig gesnoei en versorg. Die wisteria het onverwags doodgegaan omdat die bure aan hulle kant van…
God Voorsien
Buite my kantoorvenster kerjakker die eekhorings in hul resies teen die winter om hul akkers in ’n veilige en toeganklike plek te bêre. Hul geskarrel laat my glimlag. ’n Hele kudde herte kan deur ons agterplaas trek sonder om ’n geluid te maak, terwyl een eekhorinkie soos ’n inval kan klink.
Die twee diere verskil ook in ’n verdere opsig.…
Uitermate Beter
Ek verjaar ’n dag ná my ma. As adolessent het ek altyd na iets gesoek wat haar sou bly maak maar ook my begroting pas. Sy het my geskenke met groot waardering ontvang, en net die volgende dag, op my verjaardag, het sy haar geskenk aan my gegee. Dit was altyd ver beter as myne aan haar. Sy wou nie…
Oorlewing In Die Woestyn
Die Kingston Trio het tydens die 1960’s die liedjie “Desert Pete” vrygestel. Die ballade vertel van ’n dorstige cowboy in die woestyn wat op ’n handpomp afkom. Langs die pomp is ’n nota van Desert Pete waarin hy die leser maan om nie die water in die fles te drink nie maar dit te gebruik om die pomp aan die…