Toe vriende hul intrek in hul nuwe huis geneem het, het hulle ’n wisteria naby hul heining geplant en uitgesien na die lilakleurige bloeisels wat ná ’n groeiperiode van vyf jaar sou verskyn. Hulle het die plant  langer as twee dekades lank geniet, dit versigtig gesnoei en versorg. Die wisteria het onverwags doodgegaan omdat die bure aan hulle kant van die heining onkruiddoder daarop uitgegooi het. Die wortels het die gif opgeneem en die boom het gevrek – altans, dit is wat my vriende gedink het. Tot hul verbasing het daar die volgende jaar lote uit die grond gespruit.

Ons sien die beeld van bome wat gedy en vrek wanneer die profeet Jeremia hulle vergelyk met God se mense wat Hom óf vertrou, óf Sy weë veronagsaam. Diegene wat God volg, sal soos ’n boom wees wat sy wortels na die stroom toe uitstoot en vrug dra (Jer. 17:8), maar elkeen wat sy eie hart volg, sal soos ’n bossie in die woestyn wees (vv. 5-6). Dit is die profeet se hartsverlange dat God se volk op die ware en lewende God sal vertrou – dat hulle sal wees “soos ’n boom wat by water geplant is” (v. 8).

Ons weet dat die Vader die boer is (Joh. 15:1), en dat ons ons vertroue in Hom kan stel (Jer. 17:7). Mag ons Hom altyd met ons hele hart volg en nie ophou om vrugte te dra nie – vrugte wat sal hou.