Dit Is Nie Ek Nie
As een van die mees gevierde orkesdirigente van die twintigste eeu, word Arturo Toscanini onthou as iemand wat erkenning gee waar erkenning toekom. In David Ewan se Dictators of the baton, beskryf die outeur hoe die lede van die New Yorkse Filharmoniese Orkes, Toscanini staande toegejuig het na die uitvoering van Beethoven se Negende Simfonie . Toe daar bietjie rustigheid kom…
Die Genesing Vir Angs
Ons was opgewonde om te trek. Maar die onbekende en gepaardgaande uitdagings het my onrustig laat voel. Gedagtes van uitsorteer en besittings inpak. Blyplek soek. Ek moet nuwe werk soek. Om ’n nuwe stad te leer ken, en gevestig te raak. Dit was alles ... verwarrend. Soos ek aan my “om te doen” lysie gedink het, het die woorde van…
Dit Is Alles ’n Geskenk!
Café Rendezvous in Londen het goeie beligting, gemaklike banke en die aroma van koffie in die lug. Wat dit nie het nie, is pryse. Dit is oorspronklik begin as ’n besigheid deur ’n plaaslike kerk. Die kafee is ’n jaar na dit begin is, oorgedoen. Die bestuurders het gevoel dat God hulle geroep het om iets radikaals te doen –…
Herstelde Mislukkings
’n Besoekende orkes het lofsange en aanbidding gelei in ons kerk en hul passie vir die Here was roerend. Ons kon hulle geesdrif sien – en aanvoel.
Die musikante onthul toe dat hul almal gewese gevangenes was. Hulle liedere het ’n spesiale betekenis aangeneem. Ek kon sien waarom hul lofprysing soveel vir hulle beteken het. Hul aanbidding was getuienis van gebroke…
Van Binne Na Buite?
“Verandering: Van binne af na buite, of van buite af na binne?” het die hoofopskrif gelui. ’n Gewilde neiging weerspieël die gedagte dat uitwendige veranderinge soos ’n oormaaksessie of beter postuur ’n maklike manier is om ons innerlik, en selfs ons lewe, te verander.
Dit is ’n aanloklike konsep. Baie van ons het op die harde manier geleer dat dit bykans…
Onverwagte Genade
Dit was vroeg Saterdagoggend en ek was gretig om by die plaaslike kegelbane uit te kom. Die vorige aand het ek laat gebly om die modderige teëlvloere skoon te maak aangesien die opsigter siek was. Ek het my baas nie ingelig nie, aangesien ek hom wou verras. Wat kan tog verkeerd gaan? het ek gedink.
Baie!
Toe ek instap, sien ek net…
Die Belangrikste Eerste
Wanneer mens ’n lugreis onderneem, lewer ’n lugrederywerknemer veiligheidsinstruksies. Hy of sy verduidelik wat om te doen wanneer die kajuitdruk afneem. Passasiers word vertel dat suurstofmaskers uit die kompartement bokant hulle koppe sal verskyn. Hulle moet eers hulle eie aansit voor hulle ander passasiers bystaan. Hoekom? Want voor jy iemand anders kan help, moet jy self eers fisiek gereed wees.
Toe…
Vertrou God Al ...
As gevolg van ’n besering, ly ek aan kroniese pyn in my skouers en nek, en bo-rug. Gedurende die mees folterende en ontmoedigende oomblikke is dit nie altyd maklik om die Here te vertrou of te loof nie. Maar juis dan vertroos God se konstante teenwoordigheid my. Hy versterk en verseker my van Sy onveranderlike goedheid, onbeperkte mag en ondersteunende…
Jesus Is Lief Vir Maysel
Toe my suster Maysel klein was, sou sy ’n bekende liedjie op haar manier sing: “Jesus min Maysel, salig lot. Ek weet dit uit die Woord van God!” Dit het my grensloos geïrriteer. As een van haar ouer, “wyser” susters, het ek geweet die woorde moet eintlik “min my” en nie “Maysel” wees nie. Tog het sy volhard om dit…
Kersfees By MacPherson Tuine
Ongeveer 230 gesinne en individue woon in MacPherson Tuine, blok 72. Elkeen het sy eie lewensverhaal. Op die tiende vloer woon ’n bejaarde dame wie se kinders reeds uitgetrek het, nou alleen. Net ’n paar deure van haar af woon ’n jong paartjie met twee kinders – ’n seun en ’n dogter. ’n Paar vloere ondertoe woon ’n jong soldaat.…