“Verandering: Van binne af na buite, of van buite af na binne?” het die hoofopskrif gelui. ’n Gewilde neiging weerspieël die gedagte dat uitwendige veranderinge soos ’n oormaaksessie of beter postuur ’n maklike manier is om ons innerlik, en selfs ons lewe, te verander.

Dit is ’n aanloklike konsep. Baie van ons het op die harde manier geleer dat dit bykans onmoontlik is om ingewortelde gewoontes te verander. Om op klein uitwendige veranderings te fokus bied hoop dat daar ’n vinniger paadjie is om te verander.

Hoewel sulke veranderings ons lewens kan verbeter, nooi die Skrif ons om ’n dieper verandering na te streef – een wat onmoontlik is op ons eie. Inderdaad, in Galasiërs 3 redeneer Paulus dat selfs God se wet – ’n onskatbare geskenk wat Sy wil openbaar – nie die gebrokenheid van God se mense kan heel nie (vv. 19-22). Ware genesing en vryheid vereis om, deur geloof, beklee te word in Christus (vs. 27) deur Sy Gees (5:5). Geheilig en gevorm deur Hom, vind hulle hulle ware identiteit en waarde – elke gelowige ’n gelyke erfgenaam van al God se beloftes (3:28-29).

Ons kan baie energie spandeer aan selfverbeteringstegnieke. Maar die diepste en mees bevredigende veranderinge in ons harte kom van die liefde wat alle kennis oortref (Ef. 3:17-19) – die liefde wat alles verander.