As een van die mees gevierde orkesdirigente van die twintigste eeu, word Arturo Toscanini onthou as iemand wat erkenning gee waar erkenning toekom. In David Ewan se Dictators of the baton, beskryf die outeur hoe die lede van die New Yorkse Filharmoniese Orkes, Toscanini staande toegejuig het na die uitvoering van Beethoven se Negende Simfonie . Toe daar bietjie rustigheid kom na die applous, kon Arturo se gebroke stem gehoor word toe hy sê: “Dit is nie ek nie … dit is Beethoven! Toscanini is niks nie.”

In die apostel Paulus se Nuwe-Testamentiese briewe weier hy ook om krediet te neem vir sy geestelike insig en invloed. Hy het geweet hy is soos ’n geestelike vader en moeder vir die mense wat hulle geloof in Christus geplaas het. Hy erken dat hy hard gewerk en baie gely het om geloof, hoop en liefde aan te moedig by so baie. (1 Korintiërs 15:10). Maar hy kon nie met ’n skoon gewete die applous aanvaar van diegene wat geïnspireer is deur sý geloof, liefde en insig nie.

So, vir sy lesers se onthalwe, en vir ons s’n, het Paulus in weklikheid gesê: ”Dit is nie ek nie, broeders en susters. Dit is Christus … Paulus is niks nie.” Ons is net boodskappers van die Een wat ons toejuigings verdien.