Café Rendezvous in Londen het goeie beligting, gemaklike banke en die aroma van koffie in die lug. Wat dit nie het nie, is pryse. Dit is oorspronklik begin as ’n besigheid deur ’n plaaslike kerk. Die kafee is ’n jaar na dit begin is, oorgedoen. Die bestuurders het gevoel dat God hulle geroep het om iets radikaals te doen – om alles op die spyskaart gratis te gee. Vandag kan jy steeds koffie, koek of ’n toebroodjie bestel, sonder om daarvoor te betaal. Daar is nie eens ’n donasie blikkie nie. Dit is alles ’n geskenk.

Ek het die bestuurder gevra hoekom hulle so vrygewig is. “Ons probeer net om mense te behandel soos God ons behandel,” sê hy. “God gee aan ons of ons dankie sê of nie. Hy is meer vrygewig as wat ons kan begryp.”

Jesus het gesterf om ons van sonde te red en ons met God te herenig. Hy het opgestaan uit die graf en lewe nou. Daarom kan elke ding wat ons verkeerd doen, ons vergewe word en kan ons vandag ’n nuwe lewe hê. (Efesiërs 2:1-5). Een van die mees verstommende dinge hiervan is dat dit alles verniet is. Ons kan nie eens bydra tot die koste nie (vv. 8-9). Dit is alles ’n geskenk.

Terwyl die mense by Café Rendezvous koeke en koffie bedien, gee hulle mens ’n vlugtige blik op God se vrygewigheid. Ek en jy word die ewige lewe gratis aangebied omdat Jesus die rekening betaal het.