Ongeveer 230 gesinne en individue woon in MacPherson Tuine, blok 72. Elkeen het sy eie lewensverhaal. Op die tiende vloer woon ’n bejaarde dame wie se kinders reeds uitgetrek het, nou alleen. Net ’n paar deure van haar af woon ’n jong paartjie met twee kinders – ’n seun en ’n dogter. ’n Paar vloere ondertoe woon ’n jong soldaat. Hy was al tevore in die kerk; moontlik sal hy weer op Kersdag besoek aflê. Ek het hierdie mense ontmoet toe ons kerk kersliedere gaan sing het in die buurt om Kersvreugde te versprei.

Elke Kersfees – soos op die eerste Kersdag – is daar talle mense wat nie weet dat God die wêreld binnegekom het as ’n baba wie se naam Jesus is nie. (Luk. 1:68; 2:21). Of hulle besef nie die belangrikheid van daardie gebeure nie – dit is “’n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk bestem is” (2:10) Ongeag ons nasionaliteit, kultuur, geslag of finansiële status, het Jesus vir ons kom sterf en volkome vergifnis aangebied sodat ons met Hom versoen kan wees en Sy liefde, vreugde, vrede en hoop kan geniet. Alle mense – van die vrou langsaan tot die kollegas saam met wie ons middagete geniet ‒ het nodig om hierdie wonderlike nuus te hoor!

Op die eerste Kersdag was die engele die draers van hierdie wonderlike nuus. Vandag werk God deur ons om die verhaal uit te dra.