Ons skrywers

Besigtig alles

Articles by Marvin Williams

gehoorsaam die roepstem

Ek het gelees van Kaptein Ray Baker, ’n vlieënier verbonde aan die Strategiese Lugmag tydens die oorlog in Vietnam. Hy en ander vlieëniers is deur die Lugmag opgelei om sodra hulle die sirene hoor, dadelik na hulle vliegtuie te hardloop. Vele kere, gedurende etes, het die sirene weerklink en dan het Ray opgespring en na sy vliegtuig genael. Hy is…

heilsame Woorde

Gedurende 2008 het die VSA se Hooggeregshof die kwessie van vuil taal in oënskou geneem. Die Federale Kommissie van Kommunikasie het ’n uitsaaistasie aangevat oor twee godslasterlike uitsprake wat oor die sender gemaak is. Die uitsaaistasie het aangevoer dat ’n godslasterlike uitspraak wat nie blatant seksueel is nie, nie gestraf behoort te word nie. Ander mense het egter aangevoer dat…

Volg my

Toe ons verlede week aan tafel gesit het, het my oudste seun gekla dat sy sussie “altyd” doen net wat hy doen. Wanneer sy sy laggie namaak en haar skyfies eet voordat sy haar hamburger eet, irriteer dit hom en maak hom kwaad. Ek en my vrou probeer aan hom verduidelik dat dit hom ’n geleentheid bied om ’n goeie…

Satan het my dit laat doen

Gedurende Maart 2009 is ’n dame van 62 jaar aangekla dat sy die bedrag van $73,000 van ’n kerk in Washington gesteel het. Toe speurders haar ondervra, het sy gesê: “Satan het ’n groot aandeel in die diefstal gehad,” Dit het geklink asof sy wou beweer dat Satan haar gemotiveer het om dit te doen. Satan kon miskien ’n rol…

Die armes onder ons

In sy boek Crazy Love vertel Francis Chan van ’n familie wat ’n baie interessante Kersgewoonte gehad het. Op Kersoggend het die Robynson familie nie by ’n kersboom kersgeskenke oopgemaak nie, maar in plaas daarvan pannekoek gebak en dit saam met warm koffie aan die armes in die omgewing bedien. Dis ’n geringe maar tog treffende manier om God se…

Gered

’n Suid-Afrikaanse man het nege mans betrap terwyl hulle besig was om in sy huis in te breek. Sewe het weggehardloop, maar die eienaar het daarin geslaag om twee van hulle in die swembad in te stamp. Hy besef toe een van hulle kon nie swem nie, spring toe in en red hom. Die Kaapse koerant rapporteer dat toe die…

Stop en help

Dr. Scott Kurtzman, die hoof sjirurg van die Waterbury hospitaal in Con-necticut, was onderweg om ’n lesing te gaan aanbied toe hy op ’n verskriklike ongeluk afgekom het. Daar was 20 voertuie in die ongeluk betrokke. Die dokter het dadelik besef daar’s hulp nodig. Hy het deur die metaalstrukture geworstel en uitgeroep: “Wie het hulp nodig?” Nadat hy vir 90…

om oor reuse te triomfeer

Gedurende 1935 het die debatspan van ’n klein en onbekende swart skool in Texas, onverwags die blanke kampioenspan van die Universiteit van SuidKalifornië verslaan. Dit was in der waarheid ’n klassieke voorbeeld van die onbekende wat oor die nasionale reus, triomfeer. Toe die destydse Israel bedreig is deur die Filistyne, was daar ’n jong seun, Dawid, wat oor die Filistynse…

’n klein Deeltjie Van Die hemel

’n Paar weke gelede het my vrou ’n dame ontmoet wat ’n saamry geleentheid nodig gehad het en omdat my vrou aangevoel het dat die saak van die Here was, het sy ingestem om die dame op te laai. Gedurende die rit het die vrou gesê dat sy ’n dwelmprobleem het en alhoewel sy ’n gelowige is, sukkel sy baie…

Swak voorbeelde

’n Dame in Oregon is aangekeer toe sy oor die 200 kilometers per uur gejaag het, met haar kleinseun in die motor by haar. Toe sy deur die verkeerspolisie voorgekeer is, het sy gesê dat sy eintlik net besig was om haar kleinseun te leer dat hy nooit so vinnig moes ry nie. Sy wou seker hê hy moes doen…