Ons skrywers

Besigtig alles

Articles by Julie Ackerman Link

Verlange na lente

Dit was ’n lang en bitter koue winter en ek verlang na warmer weer. Ek is moeg om blaarlose bome te sien met dooie blare wat oral rondlê. Ek verlang om weer veldblomme te sien wat hulle verskyning maak en bosse wat weer groen begin word. Nogtans, elke keer as ek aan my geliefkoosde seisoen dink, dan onthou ek my…

Onsigbare werkers

Terwyl ek besig was om my naels te versorg, het ek skielik my regterhand baie jammer gekry. Dit moet al die werk doen, terwyl my linkerhand die meeste aandag kry. My regterhand wend naellak aan die naels van my linkerhand, terwyl my linkerhand nie die vermoë en koördinasie het om dit vir my regterhand te doen nie. Die naellak aan…

’n Nuwe normaal

Nadat my dokter my met kanker diagnoseer het, het ek probeer luister na wat hy sê, maar ek kon nie. Ek het huis toe gegaan, ’n kombers oor my kop getrek en op die rusbank aan die slaap geraak, asof slaap die diagnose kon verander en die situasie kon verbeter. Toe ek eindelik genoeg moed bymekaar geskraap het om my…

geur van sy handtekening

Jy kan dit nie sien of aanraak nie, maar reuk is iets kragtigs. Die reuk van kleurkryt, petunia’s en reukwater wek herinneringe wat my dikwels tot ver in die verlede terugvoer. Dit herinner my aan plekke en persone wat ek andersins nie sou onthou het nie. Sekere beroemde persone het geure wat spesiaal met hulle assosiëer word. Bewonderaars kan met…

God is hier

Leslie en haar twee dogters sou binnekort uit hulle huis uitgesit word. Alhoewel Leslie geglo het God kon help, het Hy sover nog geen teken gegee van hoe Hy sou ingryp nie. Sy het verdwaas gewonder: Waar is God? Terwyl sy na die hofsaal gery het, het sy steeds gebid dat die Here sou ingryp. Toe hoor sy skielik ’n…

krag in Swakheid

Niemand wil graag swak wees nie, daarom probeer ons almal om onsself sterk voor te doen. Sommige van ons gebruik die krag van ons emosies om ander te manipuleer – ander weer gebruik die krag van die persoonlikheid en die intellek om te intimideer. Alhoewel al hierdie metodes die skyn van krag wek, is dit in werklikheid tekens van swakheid.…

hitte en heiligheid

Waarom neem dit so lank vir my hare om droog te word? Ek was haastig en wou nie in die koue winterweer buite toe gaan met my hare wat nog nat is nie. Toe skielik ontdek ek wat fout is. Ek het die temperatuur van my haardroër op “lou” gestel in plaas van op “warm” aangesien my niggie dit so…

Die waarde Van Stadigwees

Indien ’n kompetisie uitgeskryf sou word vir die mees populêre deug, sou “vinnig” seker meer stemme as “beste” kry. Baie terreine van die lewe skyn ’n obsessie oor spoed te hê. Hierdie gejaag na spoed is “vinnig” besig om na niks te lei. Carl Honoré skryf in sy boek In Praise of Slowness: “Die tyd het aangebreek dat ons hierdie…

uitgestelde gevolge

Toe ek ’n kind was het ek geleer hoe om korrek op te tree omdat volwassenes my goeie optrede beloon het, maar my slegte gedrag gestraf het. Dit het nogal goed gewerk omdat die beloning of straf gou op die optrede gevolg het en sodoende is die verband tussen optrede en gevolge duidelik ingeprent. Toe ek egter volwasse geword het,…

Geloof- waardigheid

Die onlangse wêreldwye finansiële krisis het daartoe gelei dat mense deesdae meer noukeuring op hulle state let. Toe dit maklik was om krediet te kry, het baie mense onverantwoordelik geword oor hoe hulle dit gebruik. Hulle het nie gespaar vir iets wat hulle wou aankoop nie, maar geld geleen. Dit was nie ’n krisis om skuld te hê nie. Vandag…