Terwyl ek besig was om my naels te versorg, het ek skielik my regterhand baie jammer gekry. Dit moet al die werk doen, terwyl my linkerhand die meeste aandag kry. My regterhand wend naellak aan die naels van my linkerhand, terwyl my linkerhand nie die vermoë en koördinasie het om dit vir my regterhand te doen nie. Die naellak aan my regterhand is altyd slordig en onnet. Die een hand doen al die werk en die ander een ontvang die aandag en erkenning. Maar terwyl ek besig was om aan my naels te werk, het ek skielik aan iets anders gedink, iets baie belangriker – die mense in my kerk. Daar is baie wat uiters bekwaam is om dade te verrig wat ander goed laat lyk. Hierdie hardwerkende persone ontvang selde of ooit die erkenning, want hulle dade plaas die aandag op iemand anders. Dit voel onregverdig dat persone wat soveel doen, so min erkenning kry. Persone wat egter ware diensknegte is, sien die saak beslis nie so nie. Hulle verkies dat ander geëer word (Romeine 12:10), want hulle weet God sien wat ander mense nie sien nie en dat Hy hulle eendag sal beloon – hulle wie se dade nie deur mense waardeer word nie (Matteus 6:4,6,18; 1 Korintiërs 12:24). Is daar miskien vandag iemand wat lof ontvang vir dié werk wat jy in die stilte verrig het? Onthou, God beloon diegene wat in stilte werk om Christus aan die wêreld bekend te stel.